Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Lekota is ‘maghonger’
Die bekgeveg tussen ANC-lede en mnr. Mosiuoa Lekota, voormalige minister van verdediging, het nóg ’n dik modderkoek in die lug bygekry. Die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC in die Vrystaat het in ’n bitsige verklaring Lekota as ’n “oningehuldigde, verwarde en maghonger individu wat om die een of ander rede glo die ANC is sy persoonlike erfenis”, uitgekryt. Dít kom nadat Lekota verlede week opslae gemaak het deur ’n ope brief aan mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, te skryf waarin hy onder meer wou antwoorde hê oor of hy (Mantashe) en ander ANC-leiers doelbewus besig is om die party te ruïneer. Hy het onder meer gesê hy en “baie ander kamerade” vereenselwig hulle deesdae met moeite met die party. Mnr. Jeff Radebe, beleidshoof van die ANC, het hom skerp aangeval in reaksie op dié brief. Bespiegelinge oor ’n moontlike wegbreekparty van die ANC het met dié voorval verskerp en veral oor die naweek was koerante vol spekulasies oor dié moontlikheid. Die Vrystaatse PUK het gesê hulle is “geskok deur die onuitgelokte aanval op die ANC . . . deur kameraad Lekota”. Hulle beskryf Lekota se brief as ’n “onverantwoordelike en subjektiewe aanval op ons beweging”. Hulle lig in die verklaring verskeie gebeure in die verlede uit en meen die verskeie gevalle waar die ANC in die provinsie hof toe gevat is, was deur mense wat na aan Le-kota is. “Die grootste deel van dié hofaansoeke het plaasgevind toe hy nog voorsitter van die ANC was.” Hulle meen ook Lekota het die partyleierskap verlede jaar voor die Polokwane-konferensie probeer “boelie” om saam te stem met van diegene wat die ANC hof toe gevat het om “die meerderheidsbesluite van ANC-takke te bevraagteken”. “Ons beskouing van Lekota is dat hy ’n kameraad is wat in worsteling met homself is en ons sal nie verras wees as hy deel is van die sogenaamde inisiatief om ’n kastige nuwe party te stig om die ANC te opponeer nie. “Ons het geen ander keuse nie as om duidelik te stel sy optrede is ’n vernedering vir die ANC in hierdie provinsie. Ons vra hom om nederig te raak en om mense te verenig sodat ons trots kan wees om hom ’n seun van dié provinsie, wat die geboorteplek van die ANC is, te noem. “Ondanks ons voormalige voorsitter se negatiewe siening van ons beweging, beloof ons ons land dat ons goed op pad is om te verseker die ANC sal ’n vergrote tweederde-meerderheid in volgende jaar se algemene verkiesings in die Vrystaat wen.” Lekota het vroeër op ’n vraag of verlede week se gebeure die begin van ’n wegbreekparty is, gesê “ek sal daardie brug oorsteek as ek daarby kom”, het Erika Gibson berig.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|