Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Ronaldo wen Goue Bal
Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d'Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.
SA glo een van gevaarlikste bestemmings
'n Britse koerant het Suid-Afrika op 'n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Afskeid moet wag nadat saal gebrand het
Oct 06 2008 11:40:23:670PM  - (SA)  
Jana Engelbrecht



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DOUGLAS. – Die matriekafskeid van die Hoërskool Weslaan hier moes uitgestel word nadat die saal van die skool erg deur ’n brand beskadig is.

Mnr. George Thys, die skoolhoof, het gister gesê hy wag nog om te hoor hoeveel die beraamde skade aan die saal is.

“Die brand het Vrydag omstreeks 19:00 begin en ons het dit eers teen 22:00 geblus gekry. Dit was nou regtig ’n gespook. Ons het eers brandblussers probeer, maar dit het nie regtig ’n verskil gemaak nie. Die plaaslike korrektiewe dienste het later die vlamme met brandslange geblus.”

Thys het gesê lede van die plaaslike gemeenskap, die munisipaliteit, onderwysers en ouers het almal ingespring om die brand te help blus.

“Onderrig by die skool gaan vandag normaal aan. Die departement van onderwys het van Saterdag af twee wagte aangestel. Daar is nou ’n moontlikheid dat permanent wagte by die skool aangestel gaan word.”

Hy het gesê die polisie ondersoek moontlike brandstigting.

“Dit is tragies. Ons wag nou net vir die departement van onderwys om vir ons te sê wanneer die saal sal reg wees vir die matriekafskeid. Hopelik hoef ons dit nie langer as ’n week of twee uit te stel nie.”

Insp. Thelma Swart, polisiewoordvoerder, sê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

“ ’n Forensiese ondersoek gaan môre gedoen word. Die saal en die musiekkamer is beskadig in die brand. Die skadeverslag word afgewag.”

Bel konst. Calvin Botha by 082-908-3623 met enige inligting.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer