Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

’n ‘Waardige afsluiting’ vir Audrey Blignault se vol lewe
Oct 06 2008 11:35:17:867PM  - (SA)  
Marelize Barnard



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – “Maar dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die gees wat van die Almagtige af kom.” – Job 32: 8.

Dié teksvers is deur die afgestorwe skrywer Audrey Blignault selfs gekies vir die skriflesing by haar begrafnis.

En gister het ds. Izak de Villiers, ’n jare lange vriend wat die erediens waargeneem het in die Groote Kerk hier, gesê dit is nie ’n maklike teks nie.

“Sy het dit seker gekies vanweë die diepte en rykdom. Want kyk, daar is baie aspekte hierin wat ook kenmerkend van haar was,” het De Villiers gesê.

Hy het in die erediens genoem God is misterieus, nie simplisties nie en dat hy as ’t ware deur “ons gees waai soos die wind”.

“Audrey het die gees van liefde gehad, die gees van kreatiwiteit, die gees om uit te hou – ook in moeilike dae – sy het die gees gehad van vriendskap, liefde en begrip.”

De Villiers het na Blignault se skryfkuns verwys en genoem sy het nie probeer om geleerd te skryf nie, maar “plat op die aarde”. Sy was vol begrip van die geheimenisse van die lewe op aarde.

“Sy het derduisende aanhangers gehad; oor geslagte heen. Soos wat die skrywer MER (M.E. Rothman) ’n moeder was, so was Audrey ons almal se suster. Iemand wat stap vir stap saam met haar lesers en luisteraars gestap het deur die wêreld van letterkunde en van die alledaagse,” het De Villiers gesê.

Mev. Marié Heese, Blignault se dogter, het ná die erediens gesê dit was die regte tyd vir haar ma om te gaan. “Sy het ’n goeie, vol en ryk lewe gehad. Hierdie was ’n waardige afsluiting daarvan.”

Heese het in ’n terugblik op haar verhouding met haar skrywer-ma gesê sy was ’n “ongewone ma”, bitter onprakties wat nie kon naaldwerk doen of kos kook nie. Sy het gou bygevoeg: “My ma was ’n baie lekker ma. Sy het altyd opreg gedink ek is wonderlik. Sy was ’n baie gawe ma om te hê.”

Me. Amanda Botha, kultuurkenner en jare lange vriendin van Blignault, het na gister se diens as ’n “feesdiens” vir Blignault, eerder as ’n troosdiens, verwys. “Dit was ’n feesdiens om Audrey as mens te vier en haar omhelsing van die lewe opnuut te waardeer,”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer