Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Vliegongeluk:
Geliefdes onthou
9 oorledenes só
Skok en ongeloof oor die dood van die twee Bloemfonteinse gesinne en die vlieënier wat in die vliegongeluk naby Barberton dood is, was gister tasbaar in dié stad. Kollegas, vriende en familie kon nie ophou praat oor dié ramp nie. Mnr. Craig Grant (44), ’n vennoot van Webbers-prokureurs, sy vrou, Tracy (39), en hul seun, Cameron (13), en dogter, Samantha (11), is saam met die Coward-gesin van vier dood in die ongeluk. Mnr. Theo Vorster, jare lange vriend en voormalige kollega van mnr. Grant, sê ’n mens het altyd welkom gevoel by die Grant-gesin. “Ek en hy het ’n vakansie na Kgalagadi beplan. “Hy was mal oor visvang, ’n absolute natuurmens.” Vorster sê Grant het hom onlangs vertel van die beplande Mosambiek-vakansie en hoe opgewonde hulle daaroor was. Die ongeluk het op pad terug van dié vakansie gebeur. Ander medewerknemers by die firma het Grant as ’n sterk karakter en ’n “absolute legende” by die werkplek beskryf. Mev. Grant het as verpleegkundige in die Life Rosepark-hospitaal se neonatale eenheid gewerk. Ook sy is as besonder toegewyd en vriendelik beskryf. Na verneem word, was klein Cameron in Grey-kollege in die skool en Samantha in die Laer Meisieskool Eunice. Ook die mense van die Westline Aviation-vliegskool is deur die nuus geruk. Mnr. Nico Nel (21), die vlieënier, wat ook in die ongeluk dood is, was ’n instrukteur van dié vliegskool in Bloemfontein. Hy kom oorspronklik van Middelburg in die Oos-Kaap. Nel is deur mnr. Charlie Marais van Westline as ’n toegewyde man beskryf. “Hy was nog nie baie lank by ons nie, maar almal het van hom gehou. Hy was ’n baie nice ou. Hy het ook baie werk in die beplanning van hierdie vakansie ingesit.” Volgens Marais het mnr. Glen Coward Nel genader om in sy persoonlike hoedanigheid die vliegwerk vir die vakansie te doen. “Hy was ’n fantastiese mens en baie professioneel. Ons harte is geskeur. Mag die Vader se genade troos bring.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|