Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
2 gesinne sterf
Twee gesinne van Bloemfontein wat op pad huis toe was ná ’n vakansie in Mosambiek, is in ’n grusame vliegongeluk naby Barberton uitgewis. Die vlieënier het ook nie die ongeluk oorleef nie. Slegs dié nege mense was in die vliegtuigie. ’n Atmosfeer van skok en ongeloof het gister die hele dag oor vriende, familie en kollegas van die oorledenes gehang soos angstig op meer nuus gewag is. Mnr. Craig Grant (44), sy vrou, Tracy (39), hul seun, Cameron (13), en hul dogter, Samantha (11), is die een gesin wat verongeluk het. Mnr. Grant was ’n vennoot by Webbers-prokureurs. Mnr. Glen Coward (42), ’n sakeman aan die stuur van die onderneming CNS Group, sy vrou, Helena (45), en hul twee seuns, Davydd (13) en Richard (9), is ook in die ongeluk dood. Mnr. Nico Nel (21) was die vlieënier. Hy was ’n vlieginstrukteur van die Westline Aviation-vliegskool in Bloemfontein. Na verneem word, het die twee gesinne besluit om saam te gaan vakansie hou in die vakansieoord Barra Lodge noord van Maputo in Mosambiek. Mnre. Coward en Grant was jare boesemvriende. Met die skole wat vandeesweek begin het, sou hulle Sondag van hul vakansie terugkeer. Volgens mnr. Charlie Marais van Westline het Coward Nel genader om sy (Coward se) private vliegtuig na Mosambiek te vlieg vir die vakansie. Mev. Coward se ma, mev. Jansie Nel, sê die laaste wat hulle van hul dogter gehoor het, is dat hulle op Nelspruit iets eet en die vliegtuig se brandstofvoorraad aanvul voordat hulle van die KMIA (Kruger Mpumalanga- Internasionale Lughawe) na Bloemfontein sou vertrek. “Sy het nog gesê dit was die wonderlikste vakansie, maar ons moet wag, sy kom vertel ons alles,” het mev. Nel gister geskok-bedroef in die Coward-woning in Bloemfontein gesê. Mnr. Victor Coward, Glen se pa, het gister gesê die hele familie kom van oor die wêreld heen nou Bloemfontein toe. “Ek kan dit nie glo nie. Dit is my seun se hele gesin,” het hy verslae gesê.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|