Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Ladybrand het toe g’n Lasarus
LADYBRAND. – ’n Familie van hier is platgeslaan ná die nuus dat ’n sangoma hulle ’n rat voor die oë gedraai het deur te maak asof ’n ander familielid uit die dood uit opgestaan het. Die familie het vas geglo hulle het die naweek ’n hedendaagse wonderwerk van opstanding beleef toe ’n familielid “ná drie jaar raaiselagtig uit die dood verrys het” en glo van kop tot tone geklee in wit lakens aan hulle verskyn het. Me. Itumeleng Majela (38) het op 10 Augustus 2005 aan ’n siekte beswyk. Majela se niggie mev. Anna Mohapi van Bronkhorstspruit, het gister van die bisarre gebeure van die naweek vertel. Majela het glo Sondag om 03:00 “op wonderbaarlike wyse” aan hulle by haar ouerhuis in die woonbuurt Thusanong verskyn. “ ’n Sangoma met die naam Monki het die familie verlede week in kennis gestel dat Majela opgewek is en Sondag om 03:00 aan familie sal verskyn. Dit het ook presies so gebeur.” Mohapi het gesê Majela het saam met Monki op dié presiese tyd uit die huis oorkant die straat gestap en aan die familie verskyn. “Ons het die polisie gebel om die gebeurtenis by te woon sodat hulle kan bevestig dit het so gebeur. Die polisie het steeds ná die derde oproep nie opgedaag nie.” Mohapi het gesê Majela was baie deurmekaar en het niemand herken nie. “Die sangoma het haar weggeneem om haar vir die volgende drie dae te gaan behandel.” Die familie was gister verpletter toe die polisie hulle in kennis gestel het dit was net ’n slenter van dié sangoma om geld in die hande te kry. Sers. Muifha Tshifhiwa, polisiewoordvoerder, sê die familie het vroeër aan die sangoma gesê hulle het ’n vermoede dat Majela nog lewe. “Die sangoma het natuurlik ’n geldmaak-geleentheid hierin gesien. “Sy het na bewering aan die familie gesê om haar R3 000 te betaal en dan sal sy Majela uit die dood laat opstaan.” Tshifhiwa sê die sangoma het toe ’n 16-jarige meisie R300 betaal om in wit lakens aan die familie te verskyn.” ’n Volledige polisie-ondersoek gaan gedoen word. Me. Evelien Majela sê die familie is verpletter. “Eers die vreeslike rou drie jaar gelede. Toe die opwinding en vreugde. En nou weer die rou. Ons het haar twee keer verloor.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|