Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Boesak doen voetwerk vir ’n nuwe ‘UDF’
KAAPSTAD. – Die tyd is ryp vir die burgerlike samelewing om saam te staan om politici tot verantwoording te roep. Daarom wil hy ’n nasionale burgerlike organisasie geskoei op die United Democratic Front (UDF) in die lewe help bring, het dr. Allan Boesak gisteraand gesê. “Ons het ná 1994 alles in die hande van die politici gelos. Dit was ’n fout,” het hy gesê. “Soos die kerke het die burgerlike samelewing stil geword.” Volgens hom moet die burgerlike samelewing weer bymekaar kom, soos in 1983 met die UDF gebeur het. “Mense het vertroue in politici en ons demokratiese instellings verloor. Dit is al op die punt dat iemand soos emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu nie wil stem nie.” Die idee is nie om ’n politieke party te stig nie, maar wel ’n burgerlike beweging met ’n politieke agenda. Boesak het gesê talle mense het hom die laaste maande genader om ’n herleefde UDF op die been te bring. “Daar is by talle Suid-Afrikaners ’n brandende begeerte om nie die land af te skryf nie. Hulle moet nou opstaan, want ons kan nie toeskouers van die demokrasie wees nie.” Volgens hom kan die burgerlike gemeenskap ’n veel groter impak hê as organisasies wat hulle op spesifieke kwessie soos MIV/vigs of misdaad toespits, begin saamwerk. Met sy vergadering met verskillende organisasies is hy besig met die voetwerk vir sò ’n beweging.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|