Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Ronaldo wen Goue Bal
Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d'Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.
SA glo een van gevaarlikste bestemmings
'n Britse koerant het Suid-Afrika op 'n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Repokoers bly vir eers onveranderd
Oct 09 2008 10:54:52:860PM  - (SA)  
Elma Kloppers



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die repokoers bly vir eers onveranderd, maar die huismark is allesbehalwe uit die gevaarsone.

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee het gister besluit om die repokoers (die koers waarteen die Reserwebank aan banke geld leen) onveranderd te hou op 12%. Dit beteken die prima- en verbandkoers bly onveranderd op 15,5%.

’n Verlaging was hoogs onwaarskynlik, al het ander lande die afgelope dae hul rentekoerse verlaag.

“Die monetêrebeleidskomitee se doel bly steeds om inflasie in toom te hou,” het mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, gister met die bekendmaking van die rentekoersbesluit gesê.

Die swakker rand die afgelope dae en die jongste inflasiesyfers – dié van Augustus wat op 13,6% opnuut ’n hoogtepunt bereik het, gee die bank min beweegruimte om die rentekoers nou al te begin verlaag.

Hoewel gister se aankondiging die rentekoersrisiko vir die huismark aansienlik verminder, meen kenners dié risiko word bloot vervang deur die uitkringende krisis in die Amerikaanse huismark en finansiële sektor.

Mnr. John Loos, eiendomsontleder by Eerste Nasionale Bank se huisleningsafdeling, sê daar is geen twyfel dat die internasionale krisis ’n risiko vir ekonomiese groei inhou nie.

“Hoewel Suid-Afrika nie ’n regstreekse blootstelling het aan die “giftige” bates in die Amerikaanse skuldmark nie, is die Suid-Afrikaanse ekonomie en huismark via die makro-ekonomie aan die risiko’s blootgestel.”

Die meeste ekonome verwag dat rentekoersverligting eers teen April volgende jaar sal kom.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer