Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Sakeman wreedaardig vermoor tydens rooftog
’n Bekende Bloemfonteinse sakeman, mnr. Yianni Tyropolis (62), wat eergisteraand vermoor is, is met soveel geweld in sy huis aangeval dat die bloed hoog teen die mure gespat het. Op die vloer van die kombuis, eetkamer en gang van sy huis in Heuwelsig het plasse bloed gelê. Tyropolis is nadat hy erg beseer in sy huis gekry is, deur ER24 na die Bloemfontein-Medi-Clinic gebring. Pogings om sy lewe te red, was vergeefs. Tyropolis is eergisteraand glo oorval, aangerand en herhaaldelik met ’n skerp voorwerp of voorwerpe in die kop en nek gesteek. Hy is met sy tuiskoms aangeval. Nadat hy by sy Friendly Grocer in Universitas weg is, het hy oudergewoonte eers by vriende en familie gaan inloer voordat hy vroegaand huis toe is. Vyf mans, wat glo Sotho en Xhosa gepraat het, het hom glo oorval voordat hy die huis in is, sê supt. Susan Moseki van die polisie. Die aanvallers het hom glo by die huis ingedwing. Twee huishulpe is glo ook oorval, vasgebind en in verskillende badkamers toegesluit. Moseki sê Tyropolis is vermoedelik in sy kombuis verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek. Hy is op die vloer vermoedelik vir dood agtergelaat. Die aanvallers is vermoedelik reguit na ’n groot kluis in die badkamer van die hoofslaapkamer. Dié swaar kluis, met vuurwapens, ammunisie, juwele en sowat R100 000 daarin, is uitgedra en weggery. Die aanvallers het niks anders uit die huis gesteel nie. Volgens die polisie het een van die huishulpe haarself losgewoel en hulp by die bure gaan ontbied. Tyropolis, wat lank op die vloer gelê het, het nog geleef. Paramedici het hom in die huis behandel en hy is hospitaal toe gebring. Mev. Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Medi-Clinic, sê hy het uitgebreide kopbeserings gehad. Noodpersoneel het in die hospitaal nog ’n halfuur vergeefs gespook om sy lewe te probeer red. ’n Hoë polisie-afvaardiging, onder wie komm. Amon Mashigo, provinsiale kommissaris van die polisie in die Vrystaat, het self die misdaadtoneel gisteroggend besoek. Hy het sy afgryse met die wreedheid van die moord uitgespreek. ’n Beloning van ’n onbekende bedrag geld is uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaars kan lei. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Francois Laux van die eenheid teen georganiseerde misdaad, by 082-854-7630 bel.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|