Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Inwoners oproerig oor swak dienslewering
WELKOM. – ’n Man is geskiet en vier polisievoertuie beskadig toe inwoners van die Chris Hani-plakkerskamp by Bronville gisteroggend oor dienslewering oproerig geraak het. Supt. William Mokwena van die polisie sê inwoners het Woensdagmiddag laat ’n brief by die polisiekantoor op Bronville afgelewer waarin hulle sê hulle gaan gisteroggend oor swak dienslewering betoog. Mokwena sê blykbaar is die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng se kantoor ook oor die klagtes van onder meer swak paaie, geen elektrisiteit en swak rioolstelsels in kennis gestel. By sr.supt. Moipone Mbongo, stasiekommissaris van Bronville se aankoms gisteroggend by die polisiekantoor, het sy die brief gekry, maar die inwoners het reeds met hul betoging begin. Hulle het daarop aangedring om met die burgemeester te praat, maar sy het laat weet hulle moet ’n afvaardiging na haar kantoor stuur. Die mense het geweier. Mokwena sê die groep mense het in twee gedeel en van hulle het deur die plakkerskamp na die hoofweg deur Thabong beweeg. Hulle wou die pad versper. Die polisie kon hulle keer, maar hulle het later op die Erfdeelpad rommel en buitebande aan die brand gesteek. ’n Groep van tussen 10 en 15 mense het probeer om ’n polisiebeampte se vuurwapen af te neem. ’n Skoot het afgegaan en een van die mense is in die kop geskiet. Hy is na die Bongani-hospitaal gebring. Vier polisievoertuie se bande is met skerp voorwerpe stukkend gesteek. Me. Mathabo Leeto, uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, het gistermiddag met die mense gaan praat. Sy het gevra dat die ses mense wat die brief onderteken het, na vore moet kom. Hulle wou nie. Leeto het gesê sy kan nie met ’n onbekende massa onderhandel nie. “Ons is bewus van hul probleme en van dit is in die verlede gehanteer. Die mense is welkom om enige tyd met my te kom praat.” Teen gistermiddag het die polisie nog ’n wakende oog gehou. Sowat 200 mense het op die Erfdeelpad gesing.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|