Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Wildvanger val uit heli
KIMBERLEY. – Die wildvangbedryf in die Noord-Kaap was gister verbyster deur die dood van ’n legende in dié bedryf nadat hy uit ’n helikopter geval het. Mnr. Shaun Rambert (37), bekende wildvanger van Wildlife Translocation Services (WTS) in die Noord-Kaap, is gister omstreeks 14:00 in die arms van sy vrou, dr. Emma Rambert (40), dood. Rambert en mnr. John Blythe-Wood het WTS begin en was mede- eienaars. Mev. Dale Maritz, werknemer van WTS, het gesê dit is nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie. “Hy het omstreeks 12:15 uit die helikopter geval en is so 14:00 dood. Emma was by hom.” Die egpaar het in die Lapalala-wildreservaat op Brits wild gevang. Rambert was die wildvanger en sy vrou is die veearts. “Hulle was ’n perfekte span. Shaun was ’n wonderlike mens. Hy het Emma soos ’n godin behandel. Hulle vang al van die naweek af wild. “Ek neem aan hy was besig om te peil toe hy uit die helikopter geval het, maar ek weet nie wat het gebeur nie.” Maritz, wat al sewe jaar vir WTS werk, het gesê Rambert het “soveel respek” vir vroue gehad. “Hy het dit reggekry om die perfekte balans tussen sy gesin en sy werk te handhaaf. Hy was mal oor sy werk en was baie betrokke by sy gesin.” Maritz het gesê Blythe-Wood was besig met wildvang in Potchefstroom en sou gistermiddag deurry na Lapalala. Mnr. Aitjie van Wyk, eienaar van Matopi-wild in die Noord-Kaap, het gister Rambert se lof besing. “Hy is ’n absolute legende. Daar is nie ’n ou wat in die tyd wat hy gelewe het, kon doen wat hy gedoen het nie. “Rambert sal onthou word vir wat hy vir die wildbedryf beteken het.” Hy word ook deur sy dogters Phoebe (3) en Sabi (5 maande) oorleef.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|