Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Carike in botsing in Karoo
Oct 11 2008 12:35:59:613AM  - (SA)  
MARISKA SPOORMAKER



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PORT ELIZABETH. – Carike Keuzenkamp is net “dankie-Vader-bly dit was ’n steenbokkie of so iets en nie ’n koedoe nie, want dan weet ek nie”.

Dis nadat sy ook, soos soveel ander motoriste wat met sterk skemer of donker op die Karoo-paaie ry, ’n “bok-slagoffer” geword het.

Donderdag 19:15 was sy en Francois Coetzee, haar klankingenieur, sowat 90 km op die N9 buite Graaff-Reinet “en toe ons om die een draai kom, staan die pad vol bokkies”.

Sy het nie eens besef hulle ry die “koedoe-wêreld” binne nie, het Carike ná die tyd vertel, “want daar was nêrens waarskuwingsborde nie”.

“Eers later, toe Shawn Botha opdaag om ons weg te sleep, het ons verby ’n waarskuwingsbord met ’n koedoe daarop gery.”

Carike vertel hoe Coetzee eers rem probeer trap en uitswaai het, maar tog die een bok getref het.

“Ná die tyd het Shawn gesê dis maar goed hy het eerder die kar op die pad gehou, want hy het al dikwels met gevalle te doen gekry waar die bestuurder met noodlottige nagevolge vir ’n bok of koedoe uitgeswaai het.”

Ná hulle “bok-botsing” het hulle nog so 10 km aangery voordat die beskadigde voertuig tot stilstand gekom het. En daar, langs ’n verlate Karoopad, moes Carike en Coetzee tot 21:15 wag totdat Botha en sy insleepmotor opgedaag het.

“Ons het eers so kwart voor elf die aand op Graaff-Reinet aangekom en ons was toe al rasend honger,” vertel Carike, “want ons het op bevel van ons gasvrou skaars geëet omdat sy ’n groot aandete in ’n plaaslike restaurant gereël het.”

Tog, soos die Karoo se gasvryheidstradisie bepaal, is hul aandete op groot opdienborde na hul oornagplek geneem. Nou wonder Carike of dit die Karoo is wat sy inwoners so wonderlik maak en of dit die inwoners is wat die Karoo so wonderlik maak.

Want gisteroggend het Shawn die insleepman boonop toegesien dat Carike in George in ’n “konvooi” uitkom waar sy vandag vir die NGK Tuinedal by die Dekke optree.

In sy dubbelkajuitbakkie was dit hy, Carike en Francois, agter die bakkie die sleepwa met haar beskadigde motor daarop én agter dit weer die Venter-sleepwa met al die klanktoerusting.

Só het hulle toe gisteroggend versigtig aangekruie tot in George. “Nes die fluitspeler van Hamelin,” het Carike laggend gesê.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer