Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Porno op foon skok vrou
Oct 11 2008 12:35:53:317AM  - (SA)  
Buks Viljoen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

NELSPRUIT. – ’n Vrou wat ’n “splinternuwe” selfoon by ’n meubelwinkel in Hoedspruit gekry het, is deur pornografiese beelde begroet toe die foon aangeskakel is nadat dit gelaai is.

“Vieslike en walglike pornografie. Jy kan duidelik sien hoe ’n vrou die weirdste goed aanvang!”

Só het mev. Nicolien Henriod van Hoedspruit die videogrepe beskryf wat sy en haar skoondogter, mev. Lulu Bailey (28), verlede week op die “nuwe” selfoon ontdek het. Hulle het die selfoon vir Bailey, van Kimberley, by ’n plaaslike Beares-meubelwinkel gekry.

Dié Samsung-foon was ’n vervangingsproduk nadat Bailey se vorige selfoon gesteel is.

Henriod het verlede week by Bailey gaan kuier en die nuwe selfoon saamgeneem.

“Ons het gesien die houer waarin die foon is, was nie verseël nie. Ons kon ook sien dat die foon voorheen gebruik is.”

Bailey het egter die foon se battery gelaai en toe sy dit aanskakel, het hulle op talle foto’s en vyf pornografiese videogrepe afgekom. “Ons kon nie ons oë glo nie! ’n Vrou, wie se gesig duidelik herkenbaar is, het naak verskyn. Sy het met haar borste gespeel en die weirdste goed met haarself aangevang,” vertel Henriod.

Hulle het die foon teruggebring Hoedspruit toe en die saak by Beares aangemeld.

Dié meubelwinkel het ná ’n navraag van Volksblad die foon by Henriod gaan haal.

Mnr. Gordon Cohen, bedryfsbestuurder van Beares in Johannesburg, sê die selfoon kom oorspronklik van hul tak op Barberton af. “Dit is vroeër weens wanbetaling by ’n kliënt in Barberton teruggevat. Ons tak op Hoedspruit was nalatig om nie seker te maak dat dit ’n nuwe foon is voordat dit aan me. Bailey gestuur is nie.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer