Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Ryk in Bloemfontein om sy boek bekend te stel
Oct 12 2008 11:49:36:147PM  - (SA)  
Karen Ebersohn



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Hy het nooit kon dink sy lewe is ’n boek werd nie.

Só het ’n beskeie Ryk Neethling, Suid-Afrikaanse swemheld, by die bekendstelling van sy boek, Chasing The Dream – Ryk Neethling, as told to Clinton van der Berg, Saterdag in Bloemfontein gesê.

Neethling het gesê dit is veral die feit dat mense nie regtig weet wie hy is nie, wat hom laat besluit het om die boek die lig te laat sien.

“Ek dink daar is ’n persepsie dat ek ’n suksesvolle glamour boy is vir wie alles in die lewe maklik gekom het.

“Mense weet nie van die 20 jaar voor my sukses nie, van die harde tye wat ingegaan het vir 48 sekondes se sukses nie. Mense weet nie hoe moeilik dit was om as ’n jong man in Amerika aan te kom nie.”

Neethling sê hy moes dáár vrede maak met dinge wat in Suid-Afrika gebeur het, soos die apartheidsjare, waarvan hy self nie juis ’n idee gehad het nie.

“Die tyd is reg om vir die mense te vertel wie ek regtig is. Die voorbladfoto’s op tydskrifte is beslis nie al wie ek is nie.”

Wie is Ryk Neethling dan?

“Ek is ’n gewone seun van Bloemfontein wat ’n groot gawe gekry en dit met albei hande aangegryp het.”

Hy vertel hy het ook ’n nuwe “identiteit” gekry.

“Mense verwys ook deesdae na my as as Jean-Marié of Elsje se boetie.”

Neethling se sussie, mev. Elsje Blair, het vroeër vanjaar uitgevind dat sy vir ’n tweede keer teen kanker in haar rug en senuweestelsel moet veg.

“Oor Elsje se deursettingsvermoë kan mens baie skryf. Sy is ’n inspirasie vir almal.”

Hy het gesê die boek is ook ’n huldeblyk aan sy ouers, susters, familie en vriende wat hy die laaste paar jaar afgeskeep het.

Neethling het gesê hy dink dis ’n goeie tyd om die boek bekend te stel.

“Die Bejing- Olimpiese Spele is nog vars in mense se geheue.”

Hy meen hy het waarskynlik op ’n paar mense se tone getrap met die skryf van die boek.

“Daar is baie mense wat gaan kwaad wees. Maar dit is hoe dinge gebeur het. Dis nie ’n storieboek nie.”

Die omstrede kwessies sluit in die “wanbestuur” van die Suid-Afrikaanse Olimpiese swembestuur en besprekings wat kort ná die Olimpiese Spele in 2000 gehou is oor die moontlikheid dat Suid-Afrikaanse swemmers opkikkers behoort te gebruik.

“Ek het baie meer as dit om te vertel. Maar baie dele van die boek is op regsadvies uitgelaat.”

Die boek het net meer as ’n jaar geneem om voltooi te word. “Ek maak myself seker in ’n mate weerloos en die proses was baie moeiliker as wat ek gedink het. Ek het nie besef ek sou soveel introspeksie moes doen nie. Maar ek het die boek op die eerlikste manier aangepak en dinge beskryf soos ek dit beleef het.”

Oor sy toekoms is hy positief en opgewonde. “Vir my gaan alles in die lewe oor passie. Passie loop sterk in my bloed. Ek is in Suid-Afrika om hier te bly. Ek moet hiér wees om gelukkig te wees.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer