Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Lekota het glo wye steun in Wes-Kaap
Oct 12 2008 11:29:54:637PM  - (SA)  
philda essop



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die rebellie van mnr. Mosiuoa Lekota blyk wye steun van die gegriefde Wes-Kaapse ANC-takke te geniet.

Dít blyk uit syfers uit die verskillende ANC-streke wat eergister op ’n massa-vergadering van ontevrede ANC-leiers in Langa voorgelees is. Steun vir die rebellie groei ook glo in die Oos-Kaap en in Limpopo.

Gegriefde ANC-lede van die Wes-Kaap het eergister in Langa vergader. Dié groep het van die onlangse provinsiale kongres weggebly en ’n afsonderlike vergadering gehou.

Streekskoördineerders van dié groep is opdrag gegee om met hul takke te konsulteer oor die pad vorentoe.

Die stap het gekom nadat hulle volgens mnr. Mbulelo Ncedana, sekretaris van die Dullah Omar-streek, geen terugvoering oor hul griewe van die ANC op nasionale vlak ontvang het nie.

Koördineerders het op die vergadering verslag gedoen dat:

- Uit die 83 takke in die Boland-streek, steun 53 takke Lekota.

- Aan die Weskus is 26 van die 42 takke ook ten gunste van hom.

- In die Overberg steun 24 van die 32 takke die voormalige minister van verdediging.

- Altesaam 30 van die 68 takke in die Suid-Kaap het hul gewig agter hom ingegooi. Daar was egter nog geen terugvoering uit die Karoo-streek nie.

- In die metropool (Dullah Omar-streek), is 68 van die 85 takke ten gunste van die wegbreek-aksie, het koördineerders gesê.

Luidens ’n verklaring van die gegriefde ANC-lede erken hulle nie die nuwe provinsiale leierskap nie en gaan hulle deelneem aan Lekota se nasionale konvensie.

Intussen het Lekota gister gesê steun vir die ANC-rebelle groei in die Oos-Kaap en in Limpopo.

Hy het berigte in City Press dat 18 uit 20 takke in die Amahlati-substreek (Oos-Kaap) die nuwe beweging ondersteun, bevestig.

Hy het ook gesê streke in Limpopo het die ANC se provinsiale uitvoerende raad reeds gevra om hulle te ontbind sodat nuwe verkiesings daar kan plaasvind.

Verskeie gerugte het verlede week die ronde gedoen dat die premier, mnr. Sello Moloto, ’n Mbeki-gesinde, gedwing gaan word om te bedank. Die ANC in dié provinsie het dit egter ontken en beklemtoon Moloto, wat ook met Lekota verbind word, sal sy ampstermyn uitdien.

Ontevredenheid in die Noord-Kaap met die oorwinning van die omstrede mnr. John Block in die provinsiale leiersverkiesing, sal volgens ingeligtes stukrag gee aan Le-kota se pogings om ontevrede ANC-lede agter sy beweging te verenig.

Dit wil voorkom of steun vir Lekota ook in die Vrystaat toeneem.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer