Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Ronaldo wen Goue Bal
Ná maande van bespiegeling oor wie met die gesogte Ballon d'Or gaan wegstap, het dié eer Cristiano Ronaldo te beurt geval.
SA glo een van gevaarlikste bestemmings
'n Britse koerant het Suid-Afrika op 'n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Rooibokram spring vroue-fietsryer onderstebo
Oct 12 2008 11:04:54:020PM  - (SA)  
Wilhelm de Swardt



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PARYS. – ’n Rooibokram het Saterdag buite dié Vrystaatse dorp groot konsternasie veroorsaak toe hy een van Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryers van haar fiets gestamp het ten tyde van die Ride Crater Cruise-bergfietswedren.

Yolandi du Toit, wat vir die Gar-min-beroepspan ry, het in die vroue-wedren voor gejaag toe sy skielik ’n beweging uit die kant van haar oog gewaar. Die volgende oomblik het sy erge pyn ervaar. Toe word alles net swart voor haar.

“Die eerste keer wat ek weer van iets bewus geraak het, was toe ek in ’n hospitaalbed wakker word,” het Du Toit gister vertel.

Volgens haar was sy amper vyf uur lank semi-bewusteloos. Gelukkig is geen van haar bene gebreek nie. Sy sê sy het steeds geen idee wat gebeur het nie.

Volgens haar het sy maar by haar pa en vriende gehoor dat ’n bok haar van haar fiets gestamp het.

Mnr. Francois du Toit, haar pa, wat ’n entjie agter sy dogter aan die trap was, sê hy het ook nie gesien wat gebeur het nie. “Ek het net skielik gesien Yolandi lê langs die pad en dat van haar spanmaats besig was om noodhulp op haar toe te pas.

“Soos ek dit verstaan, was daar ’n trop bokke aan die kant van die paadjie. Die vermoede is dat een bok weens die fietswedren van die trop afgekeer was.”

Du Toit maak dit duidelik dat hy nie kwaad is oor wat met sy dogter gebeur het nie. “Dit is absoluut ’n fratsongeluk. Ek het aan baie bergfietswedrenne deelgeneem en nog nooit het so iets gebeur nie.”

Mnr. Lukas Fick, ’n wildkenner, sê dit is die eerste keer dat hy van so iets hoor. “Dit is regtig ’n ongelooflike storie. As iemand die voorval kon afneem, sou dit meer as besonderse foto’s gewees het.

“Ek twyfel nie dat die bok suiwer instinktief opgetree het nie.

“As ek luister wat vertel word, sal ek sê dit was eintlik paniek.

“Met die fietsryers wat heeltyd tussen die bok en die res van die trop gery het, het hy waarskynlik iewers tussen die bosse staan en rondtrippel.

“Met elke sekonde wat verbygegaan het, het die bok meer paniekerig geraak, totdat sy vrees die oorhand gekry het.

“Toe het hy seker blindelings gestorm en gespring. Ongelukkig het hy nie hoog genoeg gespring nie en die fietsryer getref.”

Volgens Fick kan ’n rooibok met gemak oor ’n motor spring.

Dit het al in plaaslike bergfietswedrenne gebeur dat bokke ’n ent saam met die jaers hardloop.

Verskeie jaers wat aan die Mabalingwe-wedren deelgeneem het, het ook al vertel hoe die leeus al langs ’n kampdraad op en af draf terwyl die jaers verbyry.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer