Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Bekende omroeper sterf in ongeluk
Oct 12 2008 10:57:59:620PM  - (SA)  
Malani Venter



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DURBAN. – Die Afrikaanse sportkommentator Chris Möller (48) is gisteroggend op slag dood in ’n motorbotsing naby die Absa-stadion hier.

Möller, wat Saterdagmiddag nog kommentator van die Curriebeker-halfeindstryd tussen die Haaie en Leeus in Durban was, was omstreeks 07:30 in ’n botsing reg van voor betrokke. Hy was onderweg na die lughawe. Die ongeluk het in Masabalala Yengwa-rylaan (NMR-rylaan) plaasgevind.

Die woordvoerder van Netcare 911, mnr. Chris Botha, het gesê Möller het erge kop- en borsbeserings opgedoen.

Die Ford Picanto waarin Möller gery het, het omgeslaan en ’n hele ent gerol nadat dit teen ’n Toyota RAV4 gebots het.

“Die geweld van die ongeluk was só erg dat die stuurwiel van Möller se motor heeltemal afgebreek het,” het Botha gesê.

Die bestuurder van die ander motor het ligte beserings opgedoen. Albei mans was alleen in hul voertuie toe die ongeluk plaasgevind het.

Nóg Botha nóg supt. Muzi Mngomezulu, ’n polisiewoordvoerder, kon enige lig werp op presies hoe die ongeluk gebeur het.

Gary Boshoff, ’n sportkommentator wat Saterdag saam met Möller die wedstryd uitgesaai het, het gister sy dood as “ ’n groot skok” bestempel. “Ek het Chris nie as persoon baie goed geken nie, maar ons het die afgelope vier jaar saamgewerk,” het Boshoff gesê. “Dit is ’n groot skok vir my, veral iemand wat so groot en sterk in rugby gestaan het. Hy was ’n gemoedelike mens en altyd vriendelik. Chris was altyd bereid om vir my raad te gee. Ek het baie by hom geleer en ons het gereeld inligting oor ’n wedstryd met mekaar uitgeruil.

“Hy was ’n gróót Leeus-ondersteuner. Ons het nog voor die wedstryd Saterdag gekgeskeer. Chris was natuurlik teleurgesteld ná die wedstryd, maar hy het rugby goed geken en gesê die Haaie het verdien om te wen,” het Boshoff vervolg.

Möller sou na verneem word dié week ’n kakebeenoperasie in Kaapstad ondergaan het. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer waarna hy later as omroeper by die SAUK in diens getree het. Hy was ook voorheen ’n joernalis by die gemeenskapskoerant Eikestadnuus op Stellenbosch en het later deeltyds sportkommentaar vir SuperSport gedoen.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Möller word oorleef deur sy vrou, Susan, en drie kinders, Elzette, Stefan en Herman.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer