Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Meisie (18) van Bfn sterf ná botsing teen boom
Oct 12 2008 11:04:51:490PM  - (SA)  
Sandra Mulder



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In ’n tragiese voorval is ’n meisie van Bloemfontein die naweek dood ’n paar weke voordat sy haar matriekeindeksamen sou begin skryf.

Me. Michelle Groenewald (18) van die Hoërskool Jim Fouché is dood ’n ruk nadat sy en haar broer, Michael Groenewald (22), teen ’n boom gebots het.

Hulle was Saterdagaand kort voor middernag in ’n metaalgryskleurige Nissan in Olive Grinterweg in Fichardtpark onderweg toe die bestuurder glo beheer verloor en teen ’n boom op die sypaadjie gebots het.

Volgens mnr. Thys Klopper, paramediese beampte by ER24, het Michelle kopbeserings opgedoen. Sy en haar broer is na die Life Rosepark-hospitaal gebring, waar Michelle ’n paar uur later dood is.

Volgens me. Esmarie Cronjé van die Rosepark-hospitaal is Michael gister geopereer.

Sy toestand was stabiel ná die operasie. Hy het ’n ligte skedelbasis-fraktuur en ook femurnekfrakture opgedoen. Sy lewer het ook seergekry.

Hy word in die multi-intensiewesorgeenheid behandel.

Michelle was na verneem word twee jaar gelede in ’n motorfietsongeluk betrokke, waarna sy goed van haar beserings herstel het.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die broer en suster se ouers was na verneem word in Johannesburg toe die ongeluk gebeur het.

Teen druktyd kon Volksblad geen verdere besonderhede bekom nie.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer