Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Skiet die Bok en kry klaar, sê Naas Botha
Oct 15 2008 11:02:41:483PM  - (SA)  
Cobus Claassen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – As hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.

Naas Botha, voormalige Bok-kaptein, het gister wenkbroue laat lig met dié boodskap aan die land se rugbybase.

Volgens hom “gaan dit in elk geval meer daaroor om jou land te verteenwoordig as oor watter embleem op jou trui is”.

Mnr. Moss Mashishi, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), het gister bevestig hy het mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport, in ’n brief gevra om “rigting te gee” oor die Springbok se lot.

Een van die voorstelle is dat die Bok met die koningprotea vervang word.

Botha sê hy is nie ten gunste daarvan dat die Bok-embleem die trekpas kry nie.

“Almal is net al so moeg om elke jaar te hoor hoe die Bok gaan waai. Skiet hom nou en kry klaar.”

Hy sê seuns droom van kleins af om eendag vir die Bokke te speel, “maar dit gaan eintlik maar daaroor om jou land te verteenwoordig”.

“Paul Roos-hulle het in navy truie gespeel, so maak dit werklik saak of die trui groen, blou of geel is en watter embleem daarop is?”

Wynand Claassen, voormalige Bok-agtsteman en -kaptein, sê hy stem nie saam met Botha nie.

“Die Springbok versinnebeeld sedert 1906 spoed, grasie en uitnemendheid. Die Bok gaan beslis oor baie meer as om bloot jou land te verteenwoordig.”

Claassen sê dit is hartseer dat opnuut aan die embleem “gekrap word”.

“Die Bok was al oor apartheid in die spervuur, maar deesdae is dit glo ook ’n koloniale en Afrikaner-simbool. Dit het absoluut niks daarmee te doen nie.”

Claassen sê hy is te vinde vir die voorstel van die Springbok op die een bors met die koningprotea op die ander een.

Corné Krige, wat die Bokke in 2003 in die Wêreldbeker-toernooi aangevoer het, sê dit sal ’n “absolute tragedie” wees as die Springbok wel die trekpas kry.

“As ek nog gespeel het en die embleem is voor die komende toer (na Wallis, Skotland en Engeland in November) vervang, sou ek dit ernstig heroorweeg het of ek nog vir Suid-Afrika wil speel.”

Die redenasie dat die Springbok mense verdeel, is volgens Krige belaglik.

“Die embleem verdeel nie mense nie. Dit is mense wat mense verdeel. In dié geval is dit onkundige politieke rolspelers.”

Os du Randt, ’n lid van die Bok-span wat die Wêreldbeker in 1995 en 2007 verower het, sê die voorreg om vir jou land te speel en die Springbok op jou bors te dra gaan baie moeilik geskei word.

“Swart ondersteuners kom gereeld uit die bloute by my op die plaas aan om te kom hallo sê. Hulle is almal ywerige Bok-ondersteuners, dus verstaan ek nie hoe die embleem mense verdeel nie.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer