Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

DA verwelkom konvensie van ANC-wegbreekgroep
Oct 15 2008 11:00:12:933PM  - (SA)  
Abigail Isaacs en Liezel de Lange



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die DA sal die nasionale konvensie van die ANC-wegbreekgroep bywoon, sê me. Helen Zille, DA-leier.

Zille sê haar party ondersteun “enige inisiatief wat die grondwetlike demokrasie versterk”.

Sy meen die konvensie is belangrik vir ’n politieke herskikking.

Me. Patricia de Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate, doen ’n beroep op die ANC om “verdraagsaam” te wees teenoor diegene wat nie met hom saamstem nie.

“Die konvensie bied ’n platform vir ontevrede ANC-lede, waar hulle die besluit om ’n nuwe party te stig kan finaliseer,” sê sy.

Mnr. Bantu Holomisa, UDM-leier, sê die opkoms van ’n nuwe party sal die ANC dwing om op dienslewering te begin fokus eerder as op raspolitiek.

“Ek glo hulle gaan baie goed vaar en dit is uitstekende nuus vir ons demokrasie.”

Holomisa is egter besorg oor die manier waarop die ANC hierop reageer. Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, moet hom weerhou van stellings soos dat hulle “radikale stappe sal doen”, want dit kan geweld aanhits.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, sê die rebellie blyk veel groter te wees as wat hy aanvanklik gedink het. Die eerste groot toets, voordat Suid-Afrika ’n volwasse demokrasie kan word, is hoe die ANC op die skeuring en ’n verlies aan sy steun gaan reageer.

Die tweede toets kom wanneer die ANC eendag minder as 50% van kiesers se steun trek en koalisies die norm in die regering word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer