Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Matriekseun sterf tragies
KROONSTAD. – ’n Gewilde leerling van die Hoërskool Kroonstad (Blouskool), wat oor ’n paar weke met sy matriekeindeksamen sou begin, is Dinsdagoggend ná ’n ongeluk in die Welkom-Medi-Clinic oorlede. Gerrie-Dirk Kotzé (18) het Vrydag ernstige kopbeserings opgedoen toe hy op Hennenman van ’n bakkie geslinger is en reg voor ’n motor beland het. Hy het vir die naweek saam met ’n skoolvriend op Hennenman gaan kuier. Die twee seuns was agter op die bakkie toe die ongeluk gebeur het. Gerrie-Dirk se vriend is nie ernstig beseer nie. Hy is reeds uit die hospitaal ontslaan. Mev. Magda Kotzé sê haar seun was ’n sportfanatikus. Hy het muurbal gespeel en was ook die afgelope jaar die spanbestuurder van die Blouskool se eerste rugbyspan. “Hy was baie gewild onder sy maats. Gerrie-Dirk is Dinsdag om 07:05 in die Welkom-Medi-Clinic oorlede.” Sers. Malebo Khosana van die polisie sê die ongeluk het op Hennenman by ’n kruispad plaasgevind. Die insittendes in die ander motor is nie ernstig beseer nie. Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. Gerrie-Dirk word ook deur ’n broer, Mac (22), sy pa, Christiaan, stiefma, Kobie, stiefbroer, Jaco, en stiefsuster, Zelna. oorleef.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|