Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Nog ANC-hoës bedank
Oct 15 2008 10:56:46:427PM  - (SA)  
Johan Brits



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Nog twee ANC-swaargewigte het gister hul bande met die ANC verbreek.

In Bloemfontein het een van die Vrystaat se vooraanstaande ANC-lede en ’n nasionale leier van dié party, mev. Charlotte Lobe, haar partylidmaatskap opgegee én uit die wetgewer bedank, omdat die ANC nie meer vir haar ’n politieke tuiste is nie.

Terselfdertyd het mnr. Mbhazima Shilowa, oudpremier van Gauteng, gister die eggo’s van die ANC-geskiedenis laat opklink toe hy hom by die wegbreekgroep uit die ANC geskaar het. (Lees berig op bl. 2.)

Lobe, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), het haar misnoeë met die huidige toedrag van sake in die party duidelik te kenne gegee.

“Ek het ’n tuiste nodig waar ek my menings vrylik kan lug as ek nie met iets saamstem nie,” het Lobe in Bloemfontein gesê.

“Ek bedank vandag, omdat ek nie langer kan saamleef in ’n omgewing waar mense wat nie met die leierskap oor sekere kwessies saamstem nie, uitgewerk word.”

Lobe sê sy was langer as 18 jaar ’n lid van die ANC. Sy het verskeie hoë posisies in die ANC-jeugliga en -vroueliga beklee. Sy was ook die nasionale woordvoerder van die ANC-vroueliga.

Tot onlangs was sy die ANC se provinsiale sekretaris.

Sy sê die ANC se fundamentele waardes, norme en beginsels en dit waarvoor die party hom beywer het, het haar tot die party aangetrek.

“In die afgelope paar maande het egter ’n nuwe neiging in die ANC ontstaan.

“In Februarie het ek uit die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC in die Vrystaat bedank, deels omdat ek nie saamgestem het met die manier hoe die PUK mense ná die Polokwane-konferensie behandel het nie. Sommiges (wat nie sekere sienings ondersteun het nie) is herontplooi.”

Nadat sy bedank het, is sy ook as adjunkspeaker in die wetgewer uitgeskop.

Op ’n vraag oor hoekom sy nou eers, sowat agt maande nadat sy uit die PUK bedank het, uit die party bedank het, het Lobe geantwoord: “Toe ek as provinsiale sekretaris bedank het, het ek gehoop die NUK sou kamerade, in veral die Vrystaat, met organisatoriese kwessies help.

“Een van die goed wat ek destyds genoem het, was dat kamerade gemarganaliseer word omdat hulle vir (oudpres. Thabo) Mbeki in Polokwane gestem het.

“Wettige ANC-lede is van lidmaatskaplyste verwyder. Ek was een van dié lede wat van die lyste verwyder is, omdat ek ’n ander siening as dié van die leiers gehad het.”

Mnr. Mzwandile Hleko, tot gister nog lid van die SAKP se PUK en provinsiale werkkomitee (PWK), het saam met Lobe uit die ANC bedank.

Tot met sy bedanking gisteroggend was hy lid van die burgemeesterskomitee van die distriksmunisipaliteit Lejweleputswa (Goudveld). Hy was voorheen speaker van dié munisipaliteit.

“Ek bedank uit dié strukture om op die oproep van mnr. Mosiuoa Lekota vir die nasionale konvensie voor te berei.”

Hleko sê hy is nou sonder enige ander verpligtinge en kan nou aandag aan Lekota se oproep gee. Hy steun dit.

Hleko sê ’n vergadering word Sondag in Bloemfontein gehou waar inwoners vraagstukke kan opper wat op die nasionale konvensie bespreek moet word.

Hy het bevestig Lekota gaan op die vergadering wees.

“Mense kan met Lekota interaksie hê.”

Lobe het bygevoeg ANC-strukture is nie na dié vergadering genooi nie en daar gaan nie oor takke van die party gepraat word nie.

“Dis ’n vergadering vir die gewone landsburger. ’n Behoefte bestaan vir ’n nuwe voertuig om die beginsels wat in die Vryheidsmanifes én Grondwet vasgelê is, te beskerm.”

Lobe het gesê sy en Hleko wil nie die ANC beledig nie. Hulle vorm ook nie hul eie groep teen die ANC nie.

Dis onseker of nog bedankings gaan volg.

Hleko het gesê dié keuse berus by elke individuele lid. “Ek kan nie namens ander mense praat nie.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer