Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Mooiste beeld nog van Melkweg se kern geskep
Sterrekundiges het die skerpste infrarooi beeld tot nog toe van die “kookpot”-kern in die middel van die Melkweg uitgereik.
Oorsaak gesoek van kameeldoring-vrektes
'n Navorsingspan het gister hier begin met 'n ondersoek na die rede waarom kameeldoringbome in en om Kathu weens siektes vrek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Man erg beseer toe hy in duiwelsvurk val
Oct 15 2008 10:54:57:393PM  - (SA)  
Jana Engelbrecht



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – ’n Werker van Telkom in die stad is gister in ’n ernstige toestand na die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein vervoer nadat twee penne van ’n duiwelsvurk-heining glo sy maag deurboor het.

Mnr. Lucas Hugo, ’n werknemer van Telkom, het glo aan ’n telefoonpaal in Schmidtsdriftweg gewerk. Mnr. Albert Hensberg, bedryfsbestuurder van ER24 in die Noord-Kaap, het gesê Hugo het op ’n leer gestaan en werk.

“Die leer het na bewering gegly en hy het geval. Die leer het op die duiwelsvurk geval en Hugo het toe bo-op geval. Twee van dié penne het omtrent 8 cm diep in sy maag gesteek.”

Hensberg het gesê Hugo was reeds op die grond toe ER24 se ambulans op die toneel kom. “Ons het hom in ’n ernstige, maar stabiele toestand na die Kimberley-Medi-Clinic vervoer. Ons het hom toe later die middag na die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein vervoer.”

Mev. Denise Coetzee, woordvoerder van die Kimberley-Medi-Clinic, het gesê Hugo se diafragma, longe, milt en hart is beseer.

“Hy was vir ’n skandering en is in ’n kritieke toestand. ER24 het hom na die Life-Rosepark-hospitaal in Bloemfontein vervoer.”

Mnr. Pynee Chetty, woordvoerder van Telkom, het die maatskappy se medelye met Hugo en sy familie uitgespreek.

“Telkom ondersoek die voorval.”

Hugo se familie was gister te getraumatiseer om met Volksblad te praat.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer