Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Stadion-plan 'nie ANC s'n '
Nov 21 2008 04:09:05:060AM  - (SA)  
Pieter du Toit



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die ANC-LP’s mnre. Butana Komphela en Cedric Frolick se verklaarde planne om rugbystadions by unies “weg te vat” is “nie ANC-beleid nie”.

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) oorweeg intussen om met die ANC se parlementêre leierskap oor hul uitsprake te praat en die VF+ het gister ’n klag by die speaker van die parlement, me. Gwen Mahlangu-Nkabinde, ingedien.

Mnr. Khotso Khumalo, ANC-LP en politieke hoof van die party in die parlement, sê die regering kan stadions nie summier onteien soos Kom?phela en Frolick klaarblyklik voorstel nie. “Dis nie ons party se beleid om stadions by enige sport weg te vat nie. Boonop het groot borge soos Absa en FNB belange by baie stadions.”

’n ANC-woordvoerder, mnr. Brian Sokutu, sê die party stem saam: “Ons sal nie só iets steun nie. Kwessies oor watter sportsoorte watter stadions gebruik, moet tussen sportmense uitgeklaar word. Dit is nie ons beleid om stadions af te vat nie.”

Dit is die derde keer wat Komphela deur sy eie party gerepudieer word. Die ANC het tydens die veelbesproke sportindaba verlede maand ’n verklaring uitgereik waarin die party sê sy uitsprake strook nie met ANC-beleid nie. Komphela is verlede jaar ook voor stok gekry toe hy gedreig het dat die regering die Springbok-rugbyspan se paspoorte sal wegneem.

Hy het eergister op ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport gesê: “Ons is op pad om alle stadions van rugby weg te neem . . . niks gaan ons keer nie”, terwyl Frolick rugby rassisties en ’n “misdadigersport” genoem het.

Mnr. Willie Spies, VF+-LP, het aan die Nasionale Vergadering (NV) gesê Komphela en Frolick “misbruik parlementêre privilegie”.

Volgens hom dui verskeie onlangse uitsprake daarop, insluitend kommentaar dat ’n rugby-amptenaar “nie omgee wanneer swart mense sterf nie”, ’n beskuldiging dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) vol “wittes en Indiërs” is en ’n LP wat van ’n “wit mentaliteit” en “boeremaniere” beskuldig word.

AfriForum het op sy beurt ’n brief aan mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, gestuur waarin gevra word dat die party Komphela en Frolick “tot orde roep”. Dié organisasie sê in ’n verklaring hul uitsprake dui daarop dat hulle “vergelding eerder as versoening” najaag.

Die kantoor van eerw. Makhenkesi Stofile, minister van sport, kan intussen steeds nie die regering se besitreg oor die Springbok-embleem bewys nie. Stofile het Dinsdag gesê die embleem is deur die regering by die relevante owerhede geregistreer en dat daardie registrasienommer beskikbaar gemaak kan word.

Hy het Saru beveel om die embleem na die regterkant van die trui te verskuif om vir die protea plek te maak en bygevoeg hy het dieselfde aan die nasionale sokkerbeheerliggaam, Safa, voorgeskryf.

Mnr. Raymond Hack, Safa-bestuurshoof, het bevestig Bafana Bafana sal van volgende jaar af met die protea op die linkerbors uitdraf. ) VRU se verklaring op bl. 2.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer