Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Suid-Afrika bied cholera-hulp aan Zimbabwe
Nov 21 2008 04:08:59:217AM  - (SA)  
Rajaa Aazzakani



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die kabinet het politieke leiers in Zimbabwe weer gekritiseer oor hul onvermoë om ’n skikking te bereik, en terselfdertyd maatreëls aangekondig om die cholera-probleem in dié land aan te pak, het mnr. Themba Maseko, kabinetswoordvoerder, gister gesê.

“Die kabinet is uiters bekommerd oor die politieke doodloopstraat wat ’n menslike krisis in Zimbabwe veroorsaak het.”

Die uitbreking van cholera in dele van Zimbabwe is ’n aanduiding dat dié land se burgers die ware slagoffers is van hul leiers se gebrek aan politieke wil en hul onvermoë om uit die politieke doodloopstraat te kom.

“Die regering is teleurgesteld dat politieke belange voorkeur kry bo dié van die gewone Zimbabwiërs. Suid-Afrika doen ’n beroep op die leiers van Zimbabwe om dringend stappe te doen om die wysigings aan die grondwet, die toekenning van die oorblywende kabinetsposte en die samestelling van ’n verteenwoordigende regering te finaliseer voordat die situasie verder versleg.”

Maseko het gesê geen politieke verskille kan ooit die lyding van gewone Zimbabwiërs regverdig nie. Suid-Afrika wil, soos die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), eerder vroeër as later ’n politieke ooreenkoms sien sodat die streek op dringende maatreëls kan fokus om dié land se ekonomie te herbou.

Volgens Maseko het die kabinet besluit om onmiddellik hulp aan Zimbabwe te verleen om die uitbreking van cholera te beveg en om die beheer van malaria te verbeter.

Suid-Afrika voer reeds samesprekings met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Planne sal dringend in werking gestel word om Zimbabwe en die gesondheidsowerhede in Limpopo te help om dié ernstige situasie die hoof te bied.

’n Interdepartementele taakspan sal saamgestel word om te verseker dat die diensleweringskrisis in Zimbabwe nie daartoe lei dat nog meer mense wat op soek is na mediese hulp die grens na Limpopo oorsteek waar die gesondheidsdienste reeds onder druk is nie.

Maseko het gesê omdat die plantseisoen in Zimbabwe reeds verby is, het die kabinet besluit om die landbou-hulppakket van R300 miljoen terug te hou totdat ’n politieke ooreenkoms bereik is.

Dit sal dan aanstaande jaar in April uitbetaal word as ’n verteenwoordigende regering saamgestel is. ) Lees ook berig op bl. 6.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer