Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Bekende Bloemfonteiner oorlede ná kort siekte
Nov 21 2008 04:09:04:420AM  - (SA)  
JOHAN BRITS



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Bekende in munisipale kringe in Bloemfontein, mnr. Neels Booysen (67), is eergister ná ’n kort siekte in die intensiewesorgeenheid van die Bloemfontein-Medi-Clinic oorlede.

Hy is minder as ’n week gelede met nierkanker gediagnoseer.

Hy was vroeër ’n skakelbeampte van die Bloemfonteinse munisipaliteit en later ’n ontwikkelingsbestuurder van die munisipaliteit en direkteur van nywerheidsontwikkeling tot met sy aftrede in 2002.

Hy is op Frankfort gebore en het saam met sy ouers, ds. Herman en mev. Sarah Booysen, na Bloemfontein verhuis.

Ds. Booysen was predikant van die Gereformeerde kerk Shannon.

’n Skoonsuster, mev. Rika Oosthuizen, sê Booysen het in 1959 aan die destydse Hoërskool Shannon gematrikuleer. Hy was hoofseun.

Ná skool het hy aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer. Hy het later ’n B.A.-Admin. aan die UV behaal.

Booysen was van 1965 tot 1971 aan die diplomatieke diens in Brussel, België, verbonde.

Van 1972 tot 1976 was hy streekbestuurder (Vrystaat) vir General Chemicals.

Hy is daarna munisipaliteit toe.

Oosthuizen sê haar swaer het baie vir Bloemfontein beteken.

Booysen word oorleef deur sy vrou, Louise (née Stoker), drie kinders, Tinus van Johannesburg, Susanne Klaasen van Atlanta, Amerika, en Heini van Londen, asook sy broers, Herman van Pretoria, Nico van Estcourt en Jan van Umhlanga.

Hy word ook oorleef deur ’n skoonseun, mnr. Johan Klaasen, en ’n skoondogter, mev. Anco (née Fourie) Booysen, asook ’n kleinkind, Amelia Klaasen (9 maande).

’n Gedenkdiens word môre om 11:00 in die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord gehou.

’n Gedenkdiens word ook vir Sondag in Pretoria beplan.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer