Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Besoekers stroom na gewilde Kersiefees
FICKSBURG. – Die kersie is op die koek. Heelwat mense het reeds gister na die gewilde Kersiefees op die dorp gestroom. Mnr. Johan du Toit, voorsitter van die feeskomitee, sê hulle is baie tevrede. “Die weer speel mooi saam,” het hy gisteroggend gesê. Klein Jan-Hendrik van den Berg (4) en sy ma, Shirley, van Bloemfontein is van die feesgangers wat gisteroggend op die dorp kom draai het. Van den Berg sê die Kersiefees is anders as ’n gewone skou. “Dit (die Kersiefees) is gesinsgeoriënteerd. Hulle doen verskriklik baie vir die kinders.” Op die skou is ’n springkasteel en groot opblaasglyplank waarop kinders kan baljaar. ’n Pretpark hier verseker ook groot genot. Jan-Hendrik het gisteroggend op die springkasteel baljaar. “Dit is vir hom lekker. Hy het sy skoene klaar uitgeskop en hy is tuis,” het sy ma gesê. Mnr. Bertie en mev. Elsie Meyburgh van Middelburg het ook ’n bietjie in die Oos-Vrystaat kom kuier. Hulle is dit eens dat die fees goed georganiseer en die mense vriendelik is. Du Toit sê mense gaan die naweek nog lekker feesvier. Kunstenaars soos Nicholis Louw, Theuns Jordaan en Lianie May gaan gehore vermaak. Dan lê onder meer die Kersiewedloop oor 23 km en veldtrapfiets-uitdaging vir sportliefhebbers voor. ’n Perdekampioenskap word nog tot Saterdag gehou. Uitstallings en stalletjies, waar mense onder meer kersieprodukte kan koop, is ook beskikbaar. En as jou keel droog en maag leeg is, is verversings by die biertent en kosstalletjies beskikbaar. Moet ook nie die uitstappies na kersie- en aspersieplase in die omgewing misloop nie. Vir die volledige program, besoek www.cherryfestival.co. za, of bel 051-933-6486 vir meer inligting.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|