Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Nederlaag sal vrae oor breier laat opvlam
Nov 21 2008 10:52:56:980PM  - (SA)  
Liam Del Carme



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Nederlaag vanmiddag teen ’n onervare Engelse rugbyspan sal opnuut voor aanstaande jaar se toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus twyfel laat ontstaan of die Bokafrigter, mnr. Peter de Villiers, opgewasse is om ’n span in die toetsarena te brei.

Die oënskynlik afgematte Suid-Afrikaanse span het verlede week ’n sukkelsege oor Skotland behaal en tot dusver op toer glad nog nie met die gesag van ’n wêreldkampioen gespeel nie.

Jeremy Guscott, ’n voormalige Engelse rugbyheld, meen die Bok-span lyk “uit op sy voete” op die vooraand van die toets.

“ ’n Speler soos Jean de Villiers het wonderlike vaardighede, maar hy lyk werklik moeg. Bryan Habana lyk gebroke. Dit lyk of hy ’n lang tyd weg van die spel wil hê sodat hy vir ’n paar maande kan gaan slaap,” het Guscott in Londen gesê op ’n Lions Legends-dinee van HSBC, die Britse en Ierse Leeus se vernaamste vennoot en truie-borg.

Guscott glo die Bokke maak baie op hul fisieke aanslag staat. “Die Suid-Afrikaners is brutaal, maar hulle is eendimensioneel.

“As jy fisiek jou man teen hulle staan, dan begin jy sielkundig met hulle mors,” het Guscott gesê.

Engeland soek vandag wraak op Twickenham vir sy dubbele vernedering teen Suid-Afrika in verlede jaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi.

Ofskoon daar veral aan die Rose se kant baie veranderinge in personeel is vergeleke met die span wat 36-0 in die groepfase en later 15-6 in die eindstryd van die WB-toernooi getroef is, ontlok toetse tussen hierdie lande altyd sterk emosies.

Die Engelse sou beslis nie vergeet het van die bloutjies wat hulle in Parys geloop het nie en kan ook met ’n oorwinning verseker dat hulle die vierde plek op die wêreldranglys inneem.

Indien hulle egter vyfde agter Argentinië bly, sal hulle straks by aanstaande maand se loting saam met een van die Sanzar-lande (Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië) in die groepfases vir die WB-toernooi in 2011 ingedeel word.

Vir Suid-Afrika het vandag se wedstryd ook baie betekenis.

Ofskoon die jaar ’n eerste sege oor Nieu-Seeland in Dunedin en ’n rekord-oorwinning oor Australië in Johannesburg opgelewer het, kan De Villiers se eerste jaar as breier beslis nog nie as ’n sukses beskou word nie.

Hy het agt uit 12 toetse gewen, maar vier teen die All Blacks en die Wallabies verloor en gevolglik met die Drienasie-houtlepel geëindig.

Die Bokke het al hartverskeurende nederlae op Twickenham gely, insluitende die een van 3-53 aan die einde van 2002 toe die slot Jannes Labuschagné vroeg afgestuur is.

In 1998 het die Engelse 13-7 gewen toe die Bokke met ’n sege die alleenhouers van ’n wêreldrekord van agtereenvolgende toetsoorwinnings kon word.

Die laaste ontmoeting in Londen in 2006 is egter 25-14 deur die Bokke gewen.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer