Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Geld kom LUR’e glo toe
Al verdien Vrystaatse LUR’e meer as R1 miljoen per jaar, is hulle steeds voorheenbenadeeldes. Daarom mag hulle lenings van die provinsiale regering se ontwikkelingskorporasie kry. Só het mnr. Tsietsi Matang, voorsitter van die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VSOK), lenings van die VSOK aan LUR’e geregverdig. Matang het gister in ’n verhoor voor die wetgewer se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gesê die VSOK se raad het lank en deeglik oor lenings aan LUR’e besin. “Ons het beslis daar is geen botsing van belange nie.” Hy het gesê die raad laat hom deur die VSOK-wet lei. Dié wet is duidelik oor hulp aan voorheenbenadeeldes. LUR’e “en sogenaamde politici” val ook in hierdie kategorie. “As ons mense oor hul posisie hulp weier, kan ons ’n saak in die hof verloor.” Die verhoor voor Skoor kom nadat mnr. Abrie Oosthuizen, Vrystaatse leier van die VF+, verlede jaar in die wetgewer beswaar oor VSOK-lenings aan LUR’e gemaak het. Premier Beatrice Marshoff het ’n onafhanklike ondersoek deur KPMG na die VSOK en sy werksaamhede gelas. Volgens KPMG se verslag lyk sake in die VSOK beroerd, het hy ’n disfunksionele raad en is die lenings aan LUR’e en hul families moontlik ’n verbreking van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PMFA) en die riglyne van die ministeriële handboek. Oosthuizen, voorsitter van Skoor, het gister in die verhoor die wenkbroue gelig toe Matang gesê het LUR’e, met hul pakkette van meer as R1 miljoen, is ingesluit by die hulpverlening aan mense wat moeilik by handelsbanke gehelp word om klein, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) op die been te bring. Die vrou van mnr. Neo Masithela, voormalige LUR vir toerisme, omgewing- en ekonomiese sake, onder wie se leierskap die VSOK geval en wat die VSOK-raad aangestel het, het ’n VSOK-lening ontvang. Mnr. Tate Makgoe, LUR vir finansies, en ’n sakevennoot het twee lenings van altesaam R2,66 miljoen ontvang. Mnr. Casper Nordier, Vrystaatse ACDP-leier, het in die verhoor gesê die wenkbroue lig wanneer die LUR vir finansies, wat die bewaker van die staatskas is, geld ontvang wat sy departement aan die VSOK gee. Dit geld ook die lening aan die vrou van Masithela, wat die VSOK-raad aangestel het. “Dit is moeilik om mense te oortuig dat hier nie ’n botsing van belange is nie.” Oosthuizen het gevra: “Hoe kan dit nie ’n konflik van belange wees nie as ’n LUR ’n raad aanstel en dieselfde raad oor ’n lening vir die LUR se vrou besluit. Dit is beslis ’n botsing van belange.” Matang het hierop gesê hoewel die LUR die raad aanstel, is die raad nie bloot rubberstempels vir die LUR nie. “Ons laat ons deur die wetgewing lei.” Hy het gesê die raad was in twee verdeel oor moontlike belangekonflikte, “maar die meeste lede het uiteindelik saamgestem daar is nie belangebotsings nie. “Niemand is ook hierdeur benadeel nie.” Adv. Jannie Lubbe, wat die KPMG-ondersoek gedoen het, het gesê lenings aan LUR’e uit die VSOK se leningsbegroting het wel ander mense benadeel. Mnr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, het gister gesê hy is seker voorheenbenadeelde mense wat lenings broodnodig het, gaan nie saamstem dat hoogsbetaalde LUR’e en hul gesinne lenings moet kry nie. Matang en mnr. Malefane Mapena, uitvoerende hoof van die VSOK, het gister albei in die verhoor gesê hulle stem glad nie met die bevindings van KPMG saam nie. Sake in die VSOK lyk nie sleg nie. Die verhoor oor die lenings aan die LUR’e kon nie gister afgehandel word nie. Premier Beatrice Marshoff, wat ook vrae moes beantwoord, het op kort kennisgewing laat weet sy sal nie teenwoordig wees nie. Sy was in Kuba en het eers gister teruggekeer.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|