Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Leer van koerante
Volksblad se skoolkoerantprojek gaan die tweede helfte van die jaar voort om redaksielede van skoolkoerante op te lei. Skole met bestaande skoolkoerante, of skole wat hul eie koerant wil begin, is baie welkom om by die projek in te skakel. Dit is deel van Media24, Volksblad se moedermaatskappy, se nasionale projek (NSP) om die gehalte van skoolkoerante te verbeter en ook om nuwe publikasies te begin. Die Vrystaatse en Noord-Kaapse skole word deur ’n span kundige redaksielede van Volksblad gehelp om ’n skoolkoerant uit te gee waarop hulle trots kan wees. Die skoolkoerantspan reis na ’n gasheerskool in ’n bepaalde omgewing en bied daar opleidingskursusse vir alle belangstellendes aan. Almal is welkom om dit teen minimale kursusgeld by te woon. Die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein is op Saterdag 17 Mei die gasheer vir ’n opleidingskursus wat in Afrikaans aangebied word. Mev. Sobeth Jordaan, redaksie-skakelbeampte van Volksblad, en haar span ervare joernaliste bied die kursus aan. Bel haar vir enige navrae by 051-404-7722, of stuur ’n e-pos aan sjordaan@volksblad.com, of ’n faks na 051-430-6949. Bel haar ook indien u belang stel om as gasheerskool vir ’n opleidingskursus op te tree.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|