Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Sewe voortreflike instansies benoem
May 08 2008 02:54:05:653PM  - (SA)  
Marietjie Gericke



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Voortreflik.

Dít is hoe ’n mens vanjaar die sewe instansies sou kon opsom wat vir Ons Stad, Mimosa Mall en Absa se Bloemfonteinse Instansie van die Jaar-wedstryd vir 2007 benoem is.

In alfabetiese volgorde is:

1. Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (BDBV)

Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (BDBV) lewer nie net ’n diens van onskatbare waarde aan die inwoners van die groter Bloemfontein-Mangaung-gebied nie, maar ook uitstekende diens aan mense op plattelandse dorpe in die Vrystaat waar geen DBV-tak bestaan nie.

Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging het ook uitreikprogramme na Thaba Nchu en Botshabelo waar na mishandelde en verwaarloosde diere omgesien en waar baie opvoedkundige aksies gelewer moet word.

Mev. Joy van den Berg, bestuurder, en me. Reinet Meyer, senior inspekteur van die BDBV, sê ’n groot uitreikprojek is begin nadat die behoeftes onder perde en donkies in die Thaba Nchu-distrik raakgesien is.

2. Bloemfontein Mobiele Etes Dienste

Bloemfontein Mobiele Etes Dienste Sentraal, wat vanjaar 29 jaar oud is en wat oor bykans drie dekades van krag tot krag gegaan het, lewer uitsonderlike gemeenskapsdiens aan die mense van Bloemfontein.

Om die arm, behoeftige bejaardes, en nou ook ander mense, se honger te stil en in ander behoeftes te voorsien is die passie van mev. Marie Oosthuizen, bestuurder, en haar man, Okkie, wat haar by die Bloemfontein Mobiele Etes Dienste bystaan.

Hul dogter, mev. Maureen Oosthuizen, is die professionele geldwerwer van die organisasie wat geen steen onaangeraak laat om geld in te samel nie.

Sy help ook self met die verspreiding van kos en klere na die behoeftiges.

3. KHANYA-AICDD (African Institute for Community Driven Development)

KHANYA-AICDD weet hoe om die staat en inwoners te “herkoppel” sodat stelsels kan verander en gemeenskappe maksimaal ontwikkel kan word. Dit is waarskynlik ook die enigste internasionale organisasie met sy hoofkantoor in Bloemfontein.

Dr. Ian Goldman, uitvoerende hoofamptenaar, sê die nie-winsgewende organisasie in Bloemfontein is 10 jaar gelede deur hom en twee vriende gestig en hulle beplan nou om ’n boek oor al hul ervarings te skryf.

Sowat 21 mense werk nou in die organisasie.

Navorsing en projekte oor Suid-Afrika en Afrika heen word van Bloemfontein af gedoen.

Dié organisasie werk ook saam met die Verenigde Nasies (VN) en ander internasionale organisasies.

4. Nasionale Museum

Die Nasionale Museum lewer uitstekende opvoedkundige bydraes, navorsing en bewaringsaksies. Die museum is 130 jaar oud reeds meer as ’n leeftyd wat die instansie aaneenlopend ’n integrale deel van die stad vorm. In dié tyd het die museum op verskeie gebiede hoogtepunte bereik en die stad meermale nasionaal en internasionaal op die voorgrond geplaas.

Ongeag geweldige gelddruk en soms onder moeilike omstandighede was 2007 vir die museum ’n jaar van uitsonderlike hoogtepunte wat betref sy lynfunksies van navorsing, bewaring en opvoedkunde, veral sy uitreikprogramme en diens aan die gemeenskap.

Die Nasionale Museum gee veral aandag aan die kultuurhistoriese en natuurhistoriese wetenskappe en kuns.

5. Onze Rust-landgoed

Die Onze Rust-landgoed en Leeuwberg met onderskeidelik hul Anglo-Boereoorlog- en Tweede Wêreldoorlog-ervarings onder die bekwame leiding van adv. Colin en mev. Jackie Steyn is uit ’n toerisme-oogpunt vir die Vrystaat goud werd. Hulle word bygestaan deur hul familie, vriende en personeel om die twee lewende monumente aan die gang te hou vanwaar Bloemfontein wêreldwyd bemark word. Die restaurant hier is ook tops. Waardevolle beeldbou- en bewaringsaksies vir Bloemfontein word van die plaas gedoen met byvoorbeeld die herdenking van sekere oorlogdae en die verfilming van sekere geskiedkundige dokumentêre prente soos Feast of the Uninvited.

6. Vrystaatse Cheetahs

“Watter blomjaar was 2007 nie vir die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs van die stad van Rose nie. Watter ongelooflike jaar was 2007 nie vir Vrystaat-rugby nie. Nie net is die Absa-Curriebeker die derde agtereenvolgende jaar gewen nie, maar Vrystaat-rugby het ook ’n groot rol in die verowering van die Wêreldbeker gespeel deurdat agt huidige en oud-Vrystaters in dié Springbokspan was,” lui mnr. Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugby-unie (VRU) se inleidende paragraaf tot sy jaarverslag wat op 21 November 2007 (VRU-jaarvergadering) ingedien is.

7. Vrystaat-versorging in Aksie (VVA)

VVA, voorheen bekend as die Oranje-Vrouevereniging, vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar ’n eeu van diens aan die gemeenskap nadat dit op 25 Maart 1908 deur pres. en mev. M.T. Steyn gestig is om die nood en ellende van veral vroue en kinders ná die Anglo-Boereoorlog te help verlig. Die organisasie het oor die jare heen nie net ’n diens aan Bloemfontein se mense gelewer nie, maar ook aan gemeenskappe op 43 dorpe in die Vrystaat. Van ’n nederige begin het ’n dinamiese welsynsorganisasie gegroei en ontwikkel wat vandag steeds op vele terreine van die welsynsveld ’n toonaangewende rol speel. As oudste welsynsorganisasie in die Vrystaat het die hoofbestuur van die VVA die afgelope 100 jaar ’n rykdom van kennis, kundigheid en ervaring opgedoen.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer