Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Atlete op pad na Pole
Atletiek Suid-Afrika het dié week ’n voorlopige span van 20 atlete bekend gemaak wat van 8 tot 13 Julie aan die wêreld- junior kampioenskapsbyeenkoms in Bydgoszcz in Pole gaan deelneem. Die atlete se vertonings op die Suid-Afrikaanse jeug- en junior kampioenskapsbyeenkoms in die L.C. de Villiers-stadion in Pretoria is as vernaamste keuring gebruik. Twee Vrystaters staan ’n goeie kans om met junior wêreldtitels na die Rosestad terug te keer. Geen junior atleet kon vanjaar die diskus verder as Victor Hogan grond laat vat nie. Hogan, wat deur die bekende afrigter Kaai Preller afgerig word, het vanjaar die diskus reeds 63,94 m ver laat trek. Sy afrigter beskou hom as een van die beste waarmee hy nog gewerk het. Hogan het ’n nasionale rekord wat al 15 jaar staan op die nasionale junior kampioenskapsbyeenkoms verbeter. Hy het die diskus 63,94 m ver geslinger. Die vorige nasionale junior rekord (63,60 m) is in 1993 deur Frits Potgieter opgestel. Hy het sy naaste teenstander met meer as 10 m geklop. Die junior wêreldrekord is 67,32 m. “Victor het dit in hom om een van die beste diskusgooiers nog te word. Net Mykyta Nesterenko van die Oekraïne kan Victor klop,” het Preller gesê. Preller het vroeër vanjaar al voorspel Hogan gaan vanjaar groot hoogtes bereik. “Ons sal nou werk na die wêreld- junior kampioenskap. Ek glo Victor kan in Pole die diskus nog verder gooi,” het Preller gesê. Hy was verlede seisoen ook die nasionale junior kampioen. Dumisane Hlaselo, skitterende 1500 m-atleet van Kovsies, het vanjaar die naasbeste tyd wêreldwyd in die nommer gehardloop. Sy beste tyd vanjaar in die 1500 m is 3:38 sekondes. Die enigste ander Vrystater wat onder die voorste tien in sy nommer in die wêreld tel, is die Grey-kollege-hekkiesloper PC Beneke. Hy sal in Pole in die 400 m-hekkies en die 4x400 m-aflos aantree. Nie minder nie as 12 van die atlete tel onder die voorste 10 atlete in hul nommers in die wêreld. Op die vorige byeenkoms in 2006 in Beijing, China, kon die Suid-Afrikaners slegs een goue medalje inoes. Robert Oosthuizen het in die spiesgooi goud verower Ander Vrystaters wat in Pole in aksie sal wees, is Elminette Beckmann (Kovsies), Nombulelo Mkenku (Louis Botha) en Johannes Mosala (Louis Botha). Die span is: Mans: Wilhelm van der Vyver (Boland – 100 m en 4x100 m), Roscoe Engel (WP – 100 m en 4x100 m), Patrick Vosloo (AVT – 200 m en 4x100 m), André Olivier (Noordwes – 800 m en 4x400 m), Raaghid Fredericks (Boland – 800 m en 4x400 m), Dumi- ?sane Hlaselo (Vrystaat – 1500 m), PC Beneke (Vrystaat – 400 m-hekkies en 4x400 m), Cornel Fredericks (Boland – 400m-hekkies en 4x400 m), Stefan Brits (Sentraal – Gauteng – verspring en 4x100 m), Riaan Arendse (Sentraal-Gauteng – verspring en 4x100 m), Boipelo Motlhathlego (Gauteng-Noord – driesprong en 4x100 m), Orazio Cremona (Sentraal-Gauteng – gewigstoot), Victor Hogan (Vrystaat – diskus) en Johannes Mosala (Vrystaat – 4x100 m). Vroue: Nombulelo Mkenku (Vrystaat – 100 m, 200 m en 4x100 m), Eliminette Beckmann (Vrystaat – 100 m-hekkies en 4x100 m), Tazmin Brits (Noordwes – spies?gooi), Celeste Rietels (Boland – 4x100 m), Alyssa Conley (Sentraal-Gauteng – 4x100 m) en Christie Coetzee (Noordwes – 4 x100 m).
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|