Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


‘Rondleiding’ vir laerskole gehou
May 08 2008 02:54:04:263PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Alle gr. 1-4 leerlinge word genooi na ’n interaktiewe “rondleiding”, aangebied deur die Mangaung-dans-en-dramagroep. Dié prettige rondleiding sluit storievertellings, speletjies, ’n vasvrakompetisie en danse in en vind op Vrydag 16 Mei by die Oliewenhuis-kunsmuseum plaas ter viering van Internasionale Museumdag.

Die dag word jaarliks wêreldwyd gevier om die aandag te vestig op museums en die werk wat daar gedoen word.

Dit is ’n wonderlike geleentheid om op ’n genotvolle manier meer van Suid-Afrika se kuns- en kultuurerfenis te leer.

Daar sal vyf sessies plaasvind: 08:15 tot 09:00, 09:15 tot 10:00, 10:15 tot 11:00, and 11:15 tot 12:00 en 12:15 – 13:00. Bespreek vroegtyding, omdat ’n maksimum van 75 leerlinge per sessie gehuisves kan word.

Die rondleiding kos R2 per leerling en sluit ’n rit op die Afrika-mallemeule in.

Bel die opvoedkundige amptenaar Ester le Roux by 051-447-9609 of besoek ester@nasmus.co.za vir verdere inligting en besprekings.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer