Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Felix Reinders m re 60 j.
May 08 2008 02:54:03:717PM  - (SA)  
Elize Heymans



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Felix Reinders, bekende kitaarmeester van Bloemfontein, word môre 60 jaar oud.

Reinders, wat ’n legende in sy eie leeftyd geword het, het onderwys gestudeer aan die Goudveldse Onderwyskollege en in sy weermagjare sielkunde en filosofie.

Die kitaar is deel van sy lewe vandat hy vier jaar oud was.

Op 22 jaar het hy ’n beurs gekry om aan die Musiekkonservatorium in Madrid, Spanje, te studeer en het met ’n meestersgraad gegradueer. Hy het sy eerste kitaarlesse op 16 jaar gegee.

Presies 30 jaar gelede het Reinders na Bloemfontein verhuis en was kitaardosentaan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sowel as spesialisonderwyser aan al die Bloemfonteinse skole.

Van 1988 het Reinders oor Suid-Afrika heen getoer om kitaar af te rig en boeke wat hy self geskryf het, te bemark.

Hierna het hy homself weer in Bloemfontein gevestig en met volle oorgawe toegewy aan die onderrig van kitaar, veral om leerlinge vir internasionale eksamens te laat kwalifiseer.

Mense van oor die land en van sekere dele van die wêreld heen, selfs so ver as Roemenië, kom gereeld na hom toe vir verdere onderrig.

In 2000 is Reinders opgeteken in die Cambridge Encyclopedia of Who’s Who as een van die wêreld se beste 2 000 musiekonderwysers. In 2002 het hy ’n diploma behaal as geassosieerde van die Trinity College in Londen, die enigste internasionaal gekwalifiseerde in daardie stadium in klassieke kitaar.

Ook is hy opgeteken in die Guinness World Book of Records as die enigste mens in die wêreld wat enigiemand binne 10 minute kan leer bladlees.

Tot dusver het Reinders al minstens 10 000 mense geleer kitaar speel, waaronder heelwat wat roem behaal het. Bekendes wat by hom gestudeer het, is die groep Clout wat naam gemaak het met die liedjie Substitute en ook die Suid-Afrikaanse groep DNA Strings.

Reinders het twee jaar gelede ’n kankeroperasie ondergaan en pleks van om die dood in die gesig te staar sien hy nou kans vir die volgende 30 jaar sodat hy op die ouderdom van 90 jaar nog op die verhoog kan sit om die merkwaardige veelsydigheid van die kitaar te demonstreer.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer