Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Benoemdes is tops
Tops! Dit is wat ál 11 benoemdes vir die Ons Stad, Mimosa Mall en Absa se Bloemfonteiner van die Jaar-wedstryd is en so ook die sewe benoemdes vir die Bloemfonteinse Instansie van die Jaar-wedstryd. Die benoemdes waaruit ’n Bloemfonteiner van die Jaar vir 2007 gekies moet word en ’n Bloemfonteinse Instansie van die Jaar vir 2007 is voorwaar uitstaande. Hulle lewer voorwaar gehaltegemeenskapsdiens en is boonop top-beeldbouers van die stad wat die naam van Bloemfontein ver buite sy grense uitdra. Daarom is die ratte nou geolie vir die aanbied van die 25ste Bloemfonteiner van die Jaar-galadinee op Woensdag 18 Junie by die Ilanga Estate. Hier volg, in alfabetiese orde, ’n kort stukkie inligting oor elkeen: 1. Mnr. Raymond Beddy BEDDY (80), skrywer van die boek Inleiding tot die geskiedenis van die Khoikhoi en San as Afrikane, asook ’n historiese dokument wat op tender van die regering vir hom gegee is, Research Paper on the Koranna Group for Policy Formation Purposes, asook ’n dokument wat hy op versoek geskryf het, A brief history of the Griqua people of South Africa, het hom as gerekende kenner van die Khoikhoi in Suid-Afrika gevestig. Beddy, self ’n Koranna wat tot die Khoikhoi behoort, het as skoolhoof nie net ’n besonderse bydrae tot die onderwys gelewer nie, maar het ook omvangryke navorsing oor tien jaar gedoen om ’n leemte wat bestaan het oor die geskiedenis van die Khoikhoi te boek te stel. 2. Mnr. Naka Drotské DROTSKÉ, afrigter van die Curriebeker-kampioenspan die Cheetahs, spog met ’n prestasie wat geen ander rugbyman in die bestaan van die Curriebeker-kompetisie die afgelope 116 jaar kon vermag nie. Drotské het binne 24 maande die voorreg gehad wat geen ander Suid-Afrikaanse rugbyman nog gehad het nie: om die Curriebeker as kaptein – naas Thys Lourens die oudste kaptein op 34 jaar – as spanbestuurder, jongste bestuurder op 35 jaar en as afrigter skaars vyf maande nadat hy die pos oorgeneem het en op 36 jaar as vierde jongste afrigter omhoog te hou.
3. Mev. Marlene Jooste JOOSTE is die stigter en koördineerder van die Ek is ’n Ster-projek waarmee kinders met lewensgevaarlike siektes se drome bewaarheid word. Sedert die instansie in 1997 gestig is, is 400 kinders met lewensgevaarlike siektes se drome al bewaarheid. Die projek het oor die 11 jaar van sy bestaan al landwyd mediadekking ontvang. Bekendes van binne en buite Bloemfontein het al hand in die sak gesteek om te help om kinders se drome te bewaarheid. Een van die groot hoogtepunte op die Ek is ’n Ster-projek se jaarlikse kalender is die Wit Kersfeesbal wat jaarliks in Junie gehou word.
4. Mnr. Patrick Kaars KAARS, programbestuurder van Reach in Heidedal, se passie vir kinders in nood is aansteeklik. By Reach kry die armste van arm kinders kos, klere, hulle word gewas en versorg en hul hare word gesny. Hulle neem swem- en skaaklesse en spesiale vakansieprogramme word aangebied. Daar word ook terapeutiese speletjies met kinders gespeel, berading word gegee en kinders word met tuisbesoeke verder ondersteun. Daar is ook kinders wat MIV/vigs onder lede het. Dit is baie kwesbare kinders. Die kinders het niks wat hulle as hul eie kan beskou nie en moet gehelp word om ’n waardestelsel te bekom. 5. Mev. Mareena Loubser LOUBSER, wat ’n tuisversorgingsdiens van 1996 af van haar huis in Bloemfontein bedryf, is ’n geweldige harde en eerlike werker met ’n groot passie om mense wat swaarkry of in nood verkeer te help. Die tuisversorgingsdiens was eers ’n onderafdeling van die Suid-Afrikaanse Rooi Kruis, maar toe die Rooi Kruis se mandaat verander het, is die diens geprivatiseer en het sy dit oorgeneem. Die diens word met 63 tuisversorgers bedryf wat vir Loubser en haar dogter, mev. Lize Reynolds, help. Die versorgers het wisselend gemiddeld 30 pasiënte wat versorg moet word.
6. Mev. Louise Peens PEENS, eenheidsbestuurder: maatskaplike werk van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein en ook die voorsitter van die beheerliggame van die Hoër- en Laerskool Sand du Plessis, is ’n vrou wie se wortels baie diep in die gemeenskap gegrawe lê. Sy het ook bekendheid vir haar onbaatsugtige liefde as stigterslid van die Reik na ’n Droom-stigting in die Vrystaat verwerf. Sedert sy die instansie nege jaar gelede in die provinsie help stig het, is 194 groepuitstappies vir kinders gereël en 1 175 kinders met lewensgevaarlike siektes se drome is bewaarheid.
7. Me. Violet Phatshoane PHATSHOANE, direkteur en stigterslid van die prokureursfirma Phatshoane Henney Ingelyf, nie-uitvoerende raadslid van die BloemWater-raad en raadslid van die Boikhuco-tehuis vir bejaardes, sowel as deeltydse arbiter en vredemaker van die onderhandelingsrade van die plaaslike regering en openbare sektor, is inderdaad ’n merkwaardige vrou en ’n ware baanbreker. Sy is benoem vir haar ongelooflike werkywer waarmee sy alles aanpak en die energie en positiwiteit wat hiermee saamgaan, asook vir die besonderse prestasies wat sy al bereik het. Die totstandkoming van die Phatshoane Henney-groep van Geassosieerde Maatskappye is die kroonkind van haar lewensprestasies. 8. Dr. Jacob Seekoe SEEKOE, a Bloemfontein resident who had moved in an outstanding career from a Volksblad clerk to an academic and honorary professor and ambassador of South Africa in Russia, speaks seven languages: English, Russian, Spanish, Setswana, Sesotho, Afrikaans and French. He became the Ambassador Extraordinary and Plenipotentiary of the Republic of South Africa to the Russian Federation from 2001 up to 2005. He did outstanding marketing work for South Africa and his hometown Bloemfontein while he was the ambassador in Russia. During a group of Bloemfonteiners’ visit to Russia in 2004 the embassy hosted an exhibition of the Anglo Boer War. 9. Morné van Wyk VAN WYK, who was named one of five Cricketers of the Year in South Africa by the Mutual & Federal SA Cricket Annual 2007, and his consistent performances could no longer be ignored. After waiting 1 444 days and scoring almost the same number of runs (1 437) in the 2006-’07 season’s three domestic competitions Van Wyk finally won his second South African one-day international cap in 2007. Selection for the tour of Northern Ireland in the place of the injured Graeme Smith was a just reward. He did not disappoint, scoring two half-centuries in his four outings. 10. André Venter VENTER, voormalige Springbok-rugbyspeler en mede-eienaar van Itec, word beskryf as nie net ’n sportheld nie, maar ’n regte ysterman van die lewe. Itec, wat besit word deur Venter en Chris Badenhorst, ook ’n oud-Springbokrugbyspeler, doen geweldig baie vir die gemeenskap wat betref groot borgskappe aan skole, Kansa en Kindersorg. Dié ondersteuning strek oor ’n paar jaar. Venter is in sy rugbydae beskou as een van die toegewydste spelers op die rugbyveld en daardie toewyding het hy ook in sy onderneming gevestig. Hy is ’n baie positiewe mens ondanks die siekte waarmee hy nou worstel.
11. Mnr. Mark Webber WEBBER, bekende prokureur met ’n groot passie vir gestremde mense en die onderwys, het uitsonderlike werk verrig op die gebied van onderwys en ontwikkeling en vir gestremde mense op plaaslike, nasionale en internasionale vlak. Hy is beslis een van die mees gewaardeerde mense wat by die Vereniging vir Persone met Gestremdhede en Dowes in die Vrystaat betrokke is. Hy is van 1980 by die organisasie betrokke en is nou ’n trustee. Hy is ook die ondervoorsitter van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede en Dowes in Suid-Afrika. Benoemde instansies vir 2007Die benoemings vir die Bloemfonteinse Instansie van die Jaar vir 2007 is:
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|