Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Dag van Hoop en Heling fokus op gesin in druk tye
May 15 2008 03:22:57:807PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die barmhartigheidsbediening van die NG kerk Berg-en-Dal onder leiding van Johann Raath bied op Sondag 25 Mei in samewerking met Vrystaat-versorging in Aksie (VVA, voorheen die OVV) die jaarlikse Dag van Hoop en Heling van die kerk aan.

Só sê ds. Jan Lubbe, mede-leraar van die gemeente.

“Die tema vanjaar is Dankbare gesinne in druk tye . . . – ’n tema wat ons saam geïdentifiseer het as uiters aktueel vir die tyd waarin ons leef.

“Huwelike, gesinne en kinders is weens ’n magdom redes onder enorme druk en dit werk negatief in op onderlinge verhoudinge. ’n Mens hoef maar net weekliks die koerante oop te maak om te sien hoe gewone mense onder die druk knak en huwelike en gesinsverhoudinge in die slag bly.

“Besorgdheid oor die toename in verbale, emosionele en selfs fisieke geweld in die verhoudinge neem daagliks toe.

“Daarom wil ons graag ’n ope uitnodiging rig aan ouers, kinders, oupas en oumas en diegene in die hulpprofessies (predikante, pastore, sielkundiges en maatskaplike werkers) om die middag- en aandprogram te kom bywoon.

“Geen koste is aan die bywoning verbonde nie,” se Lubbe.

Om reëlings goed te kan tref is dit wel nodig dat belangstellendes hul name by Rita van Zyl (kerkkantoor van Berg-en-Dal, 051–436-2750) of Rachelle Wilson (VVA, 051–444-6143) sal indien – nie later nie as Donderdag 22 Mei.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer