Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Fees klaar vuurwarm
Kaartjies vir die Volksblad-kunstefees het gister gevlieg en mense sal moet wikkel om vir produksies te bespreek.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           4-13°C

Voorspellings

Omstrede bouery in singel eers gestaak
May 15 2008 03:22:57:180PM  - (SA)  
Marietjie Gericke



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Uitgrawings vir die bou van ’n drieverdieping-woonstelblok met 72 bekostigbare wooneenhede in Reveillesingel in Genl. De Wet in Bloemfontein waaroor groot ontsteltenis onder die inwoners in die singel bestaan, is eers gestaak en inwoners vra in ’n versoekskrif dat die Mangaung-munisipaliteit eers sy huiswerk sal doen, deur:
  • ’n Ingenieur aan te stel om ’n impakstudie te doen rondom die stabiliteit van die grond en watter versterkings ingewerk moet word omdat bouwerk op die grond in die verlede deur dieselfde munisipaliteit glo afgekeur is omdat daar “ashope” op die grond sou gewees het. Verder moet die impakstudie die infrastruktuur ondersoek wat benodig word, sou met die bouery voortgegaan word.
  • Ook moet die munisipaliteit die baan van die son bepaal sodat bestaande huiseienaars kan weet watter deel van hul huise nou in die skaduwee gehul gaan wees en vir hoe lank van die dag dit sonder son sal wees en hoe dit die waarde van hul eiendom gaan raak.Dan eers kan die Mangaung-munisipaliteit besluit of daar met die bouery voortgegaan kan word, al dan nie.

    Die raadslid van die wyk, mnr. David van Vuuren, gaan ook nou kyk na die hersonerings- en titelvoorwaardes, asook die boubeperkings.

    Mev. Heleen van Zyl van Reveillesingel 4, een van die ontstelde inwoners, het ’n afskrif van hul versoekskrif wat deur 12 inwoners van die singel onderteken is, en waarin dringende vertoë gerig word aan Ons Stad oorhandig.

    Die versoekskrif is aan raadslid Van Vuuren oorhandig en afskrifte is aan die direkteur regsdienste van die Mangaung-munisipaliteit dr. K. Brummer, senior bouinspekteur mnr. E. Tyu en bouinspekteur mnr. Jakes Jacobs gestuur. Hierin word ook na die vroeëre berig in Ons Stad van Donderdag 1 Mei oor die aangeleentheid verwys.

    Die beswaarmakers vra in die brief die datum waarop die hersonering van die grond plaasgevind het, en dat ondersoek gedoen moet word oor veral die terugval-klousule wat in die geval gegeld het en oor die datum van die hersonering waartydens ontwikkeling moes plaasgevind het.

    Ook soek hulle bewys van geregis-treerde kennisgewing aan die inwoners wat reeds hier gewoon het tydens enige hersoneringstydperk.

    Hulle vra ook dat ondersoek gedoen moet word na die boubeperkings en boulyne van die projek met betrekking tot die afstand aan die twee aangrensende wonings nr. 4 en nr.18 en verdieping-eenhede wat opgerig word.

    Hulle vra dat ’n ondersoek moet kom na die titelvoorwaardes van gekonsolideerde erf 15925. Ook dat ondersoek na die bouregulasies met betrekking tot twee aangrensende wonings, nr. 4 en 18, gedoen moet word.

    Daar moet ook ondersoek gedoen word na die skaduwee waarin die hele woning van nr. 4 verswelg sal word, ten opsigte van drie slaapkamers en sit/woonkamer van die huis en die belemmering van die uitsig, wat die eiendomswaarde drasties gaan laat verminder.

    Ook moet ondersoek gedoen word na die skaduwee en uitsig wat woning nr. 18 gaan benadeel met betrekking tot die vermindering van die eiendom se waarde.

    Die privaatheid wat geskend word van die huisbewoners in Reveillesingel, veral nrs. 4 en 18, moet onder die loep geneem word aangesien wooneenhede reg langs die aangrensende wonings opgerig sal word.

    Dit word ongeveer 2,5 meter van die heinings af gedoen. Weens die hoogte van die eenhede verleen dit aan die bewoners daarvan toegang om direk in die erwe van wonings nr. 4 en nr. 18 te kyk.

    Dié aspek sal beslis die eiendomswaarde van die twee wonings veral baie nadelig laat verminder, sê die bewoners.

    Ook vra die inwoners dat ondersoek gedoen moet word na welke wyse die grond deur die ontwikkelaar bekom is en dat die ondersoek na infrastruktuur met betrekking tot toenemende verkeer, riool, regulasies en stormwater, ook ingestel moet word.

  • ’n Brief aan mnr. A. van der Westhuizen van die Mangaung-munisipaliteit wat in 2005 geskryf is omdat Van der Westhuizen belang gestel het om die grond destyds te koop omdat hy vyf meenthuise daar wou bou, is ook in Ons Stad se besit. Sy brief is vir ’n lang tydperk by die munisipaliteit gehou en Van der Westhuizen kon nie toestemming kry om op die grond te bou nie.
  • ’n Beëdigde verklaring van mev. Mientjie du Plessis van Reveillesingel 18 het ook in Ons Stad se besit gekom waarin sy verklaar dat sy in 1990 by die Bloemfonteinse munisipaliteit aansoek gedoen het om die erf langs haar erf te koop, maar die versoek is volgens haar geweier omdat die munisipaliteit glo gesê het dat die gebied voorheen ashope was en dat die grond nie geskik vir boubedrywighede is nie.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer