Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Kragstasie, geisers en beurtkrag onder loep geneem
May 15 2008 03:22:56:727PM  - (SA)  
Marietjie Gericke



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Centlec het nou ’n proses van openbare deelname met die ou kragstasie gevolg om private maatskappye die kans te gee om voorstelle vir die bedryf van die stasie te maak.

Die proses het op 13 Mei gesluit en die insette sal nou geëvalueer word.

Mnr. Leon Kritzinger, uitvoerende ingenieurswese-bestuurder van Centlec van die Mangaung-munisipaliteit, het op ’n vergadering van die Demokratiese Alliansie (DA) gesê dit is nie in belang van die raad om dit self te bedryf nie, aangesien dit nie die Mangaung-raad se kernbelang is nie.

Centlec wil ’n kragverkope-ooreenkoms met Eskom sluit wat die langtermynbedryf van die kragstasie sal beïnvloed. Eskom het Centlec laat weet hy is bereid om so ’n ooreenkoms aan te gaan. “Voordat so ’n ooreenkoms aangegaan kan word, moet ’n mens ’n vennoot kry en dit was die idee met die openbare proses om ’n vennoot aan te stel. Afhangend van wat die vennoot op die tafel sit, kan die saak verder met Eskom bespreek en vasgemaak word.”

Kritzinger sê wat eersdaags sal plaasvind, is die oprigting van die advertensietekens teen die koeltorings by die kragstasie waarmee bykomende inkomste gegenereer kan word. . Wat betref die rimpelrelé waarmee warmwatersilinders in huise beheer kan word, is goeie vordering gemaak deurdat die opnames gedeeltelik voltooi is en daar in volgende week met die fisieke installering van die eerste eenhede begin sal word. Dié eenhede sal in Woodlands geïnstalleer word, aangesien dit ’n hoëvragdigtheid-gebied is en die doelwit is om soveel moontlik vragbeheer voor die winter te verkry.

Ses spanne sal ook voortgaan om in die ander woonbuurte die installering te voltooi. Die hele projek is geskeduleer om voltooi te wees teen Desember wanneer altesaam 16 850 bykomende eenhede geïnstalleer sal wees. Daar sal 12 200 eenhede in meenthuise, 3 000 in buitestedelike gebiede en die balans in duethuise in die stad geïnstalleer word. Daar word voorsien met die voltooiing van die projek kan ’n bykomende 9,1 watt se aanvraag beheer word. Dit sal meebring dat bykomende energie ook bespaar kan word.

Dié projek is bykans net so groot in omvang as die bestaande eenhede wat reeds funksioneel is, sê Kritzinger. Die inwerkingstelling hiervan sal dus ’n positiewe bydrae maak om te verseker beurtkrag sal nie weer in Bloemfontein nodig wees nie.

Gesprekvoering op ’n nasionale grondslag sal volgende week in Kaapstad geskied waar metrorade en kategorie B-munisipaliteite ’n verskeidenheid alternatiewe ter tafel sal lê om te verseker beurtkrag sal nie weer ingestel word nie.

Een van die voorstelle is om die land in vier tydsones te verdeel waarmee die spitsaanvraag oor langer tydgleuwe versprei kan word en sodoende verlaag word. Die inwerkingstelling van so ’n stelsel het nie koste-implikasies nie, maar die besparings wat hiermee behaal kan word, is van groot belang om die huidige kragtekort te takel. . Die publiek word gevra om voort te gaan om soveel as moontlik krag te bespaar en om onnodige toerusting af te skakel en toerusting oordeelkundig te gebruik. Met die winter op hande is die waarskynlikheid dat ondervloerse verhitting gebruik gaan word, baie groot, sê Kritzinger. “Ons wil die gemeenskap vra om ook oor die toerusting beheer te neem deur die aan-tyd te beperk tot die tydgleuf 22:00 tot 05:30. Sodoende kan ’n positiewe bydrae gemaak word deurdat bykomende aanvraag nie in spitstyd veroorsaak word nie.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer