Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

UV-laboratorium kry 200 rekenaars
May 15 2008 03:22:53:493PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Dell-stigting het onlangs 200 rekenaars van ongeveer R2 miljoen aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) geskenk.

Die rekenaars sal gebruik word in die nuwe rekenaarlaboratorium wat tussen die UV-Sasol-biblioteek en die Genmin Lectorium op die hoofkampus in Bloemfontein gebou word.

Met die gebou word ruim voorsiening gemaak vir studente wat van ’n rekenaar vir studiedoeleindes gebruik moet maak.

Altesaam 815 rekenaars sal in die nuwe laboratorium vir gebruik deur die studente wees.

Op grondvlak sal vier lokale met rekenaars ingerig word.

In twee van die lokale sal studente met mekaar kan praat en in die ander twee sal studente in stilte kan werk.

Daar word ook 18 groepkamers ingerig wat toegerus is met ’n rekenaar en groot skerm.

Dié kamers sal plek hê vir sewe mense en sal op bespreking beskikbaar gestel word.

Op die tweede vlak sal saam met die groepkamers ook lesinglokale wees.

Die grootste hiervan, met 184 sitplekke, sal ook as eksamenlokaal dien.

Verder sal daar een lokaal met 70 sitplekke en nog drie met 40 beskikbare plekke wees.

Twee lesinglokale sal van skootrekenaars voorsien word wat op verskuifbare tafels aangebring sal word sodat studente na mekaar toe kan skuif sou daar in groepe gewerk moet word.

Veiligheidskameras sal oral in die gebou geïnstalleer word en streng veiligheidsmaatreëls sal toegepas word.

Die laboratorium, met ’n hele projekkoste van ongeveer R28 miljoen, sal volgende jaar in gebruik geneem word.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer