Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Blm-Polisie kry dalk vanjaar houtlepel
Bloemfontein-Polisie sal, nadat hy in 2005 en 2006 in die eindstryd van die Konica-Minolta-stadsbekerkompetisie gespeel het en verlede jaar in die halfeindronde van die kompetisie vasgeval het, dalk vanjaar met die houtlepel van die rugbykompetisie tevrede moet wees. Die Konstabels kon vanjaar nog net een wedstryd, sy eerste van die liga, teen Collegians wen. Die span het egter reeds ses nederlae gely en aan Collegians verlede week sy eerste oorwinning in die kompetisie gegee. Collegians het die kragmeting met 55-27 op hul tuisveld gewen. In die kragmeting tussen Shimlas en Irawas het die studente die toeskouers met gehalte-hardlooprugby vermaak. Die wedstryd het 74 punte opgelewer. Shimlas het die wedstryd naelskraap met 38-36 gewen. Irawas het sy eerste span behoorlik die skrik op die lyf gejaag en teen rustyd met 21-10 voorgeloop. Die 19-jarige heelagter van Irawas Lionel Cronjé laat vinnig sy spoor in Bloemfontein. Hy het verlede jaar Grens se o.18-rugbyspan op die Cravenweek op Stellenbosch verteenwoordig. Cronjé kan een van die Vrystaatse o.19-span se staatmakers in vanjaar se nasionale toernooi wees. Nog ’n o.19-speler wat gerus deur die Blikore se o.19-keurders dopgehou kan word, is Julian van der Merwe, slot van Collegians. Verlede jaar se kampioen, Oud-Greys, het Ixias se segetog gestuit toe hulle die studente met 25-23 geklop het. Die nederlaag was Ixias se eerste in vanjaar se kompetisie. Oud-Greys, wat die boonste posisie op die punteleer beklee, was egter al twee keer vanjaar aan die verloorkant. Dit lyk egter asof vanjaar se kampioen die Shimlas, Irawas, Ixias of Oud-Greys sal wees. Die vier spanne keil mekaar tot dusver behoorlik op. Die puntestand voor Dinsdag se wedstryd tussen Shimlas en Collegians is (wedstryde gespeel, ligapunte): 1. Oud-Greys (7, 25); 2. Ixias (5, 20); 3. Irawas (5, 19); 4. Shimlas (4, 17); 5. Crusaders (5, 9); 6. Collegians (5, 6); 7. Polisie (7, 4).
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|