Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

UV-bestuurskool behaal wêreld-eer
May 15 2008 03:22:50:963PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Bestuurskool van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is een van die 1 000 beste bestuurskole in die wêreld.

Die gradering is onlangs deur Eduniversal, ’n aanlyninstrument wat studente oor die wêreld heen help met hul keuse van ’n bestuurskool, toegeken.

“Die 1 000 bestuurskole word gegradeer deur die hoofde van uitgesoekte bestuurskole. Dit word gedoen volgens die skole se plaaslike en internasionale invloed en hul vermoë om ’n studente aanstelbaar in hul eie land en ook in ander lande te maak. Die gradering is verteenwoordigend van bestuurskole in meer as 150 lande,” sê prof. Helena van Zyl, direkteur van die UV se Bestuurskool.

Die gradering is gedoen deurdat die hoofde van die uitgesoekte groep bestuurskole die volgende vraag moes beantwoord: “Watter bestuurskool/skole sal jy aanbeveel aan enigiemand wat in jou land wil studeer?”

“Dit is ’n besondere eer om so ’n internasionale toekenning te kry. Dit gee aan ons ’n aanduiding van ons nasionale en internasionale invloed en hoe sigbaar die bestuurskool is,” sê Van Zyl.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer