Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Twee ‘rugbyfabrieke’ bots Saterdag
May 15 2008 03:22:50:353PM  - (SA)  
Hannes Nienaber



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Grey-Kollege en die Hoër Seunskool Afrikaans in Pretoria pak mekaar Saterdag die 17de keer in ’n volle interskolekragmeting op die rugbyveld.

Die interskolekragmeting is die eerste keer in 1992 beslis. Die twee skole kan sedert Suid-Afrika sy sport-isolasiekettings afgeskud het as die land se rugbyfabrieke beskou word.

In verlede jaar se seëvierende Wêreldbekerspan was nie minder nie as vyf oud-Grey- en twee oud-Affies-leerlinge. CJ van der Linde, Ruan Pienaar, Frans Steyn, Bismarck du Plessis en Jannie du Plessis het almal aan Grey-kollege skoolgegaan.

Fourie du Preez en Wynand Olivier het albei hul skoolloopbaan aan Affies voltooi.

Affies kon maklik nog ’n oud-leerling in die span gehad het as Pierre Spies hom nie voor die toernooi weens ’n besering moes onttrek nie.

Grey word as Vrystaat-rugby se hoofvoedingsbron beskou, terwyl Affies dieselfde doel vir die Blou Bulle dien.

Grey was in nege van die vorige 16 wedstryde aan die wenkant. Affies kon nog net drie keer daarin slag om die span van die Rosestad te klop. Die interskolewedstryd het ook ’n ongelooflike vier keer gelykop geëindig.

Die span van Bloemfontein het verlede jaar onder die aanvoering van Robert Ebersohn sy grootste oorwinning nog oor Affies behaal. Grey het met 47-10 in die kragmeting in Bloemfontein koning gekraai.

Die tuisspan het met die oorwinning behoorlik sy twee nederlae in 2005 en 2006 gewreek.

Affies se grootste oorwinning oor Grey was in 1996 toe hy Grey die eerste keer geklop het. Die span van die Jakarandastad was met 25-3 in die wedstryd baas. Ná die oorwinning moes Affies nege jaar lank wag om weer die soet smaak van ’n oorwinning oor Grey-kollege te proe.

Die twee spanne het twee jaar agtereenvolgens in 2000 (17 elk) en 2001 (12 elk) gelykop teen mekaar gespeel. Twee van die wedstryde tussen die twee spanne waaroor nog gereeld in die skole se gange gepraat word, is die een in 1999 en die een in 2002.

Die wedstryd in 2002 sal altyd as Ruan Pienaar se wedstryd onthou word. Hy het met ’n skitterende vertoning Affies amper op sy eentjie in Pretoria geklop. Grey was vroeg in die wedstryd in die moeilikheid nadat Affies twee verdoelde drieë gaan druk en met 14-0 voorgeloop het. Die tuisspan het rustyd met 21-17 voorgeloop.

Pienaar het egter sy span tot ’n oorwinning van 46-21 in die tweede helfte aangevuur. Die huidige Vodacom-Cheetah-losskakel, Jacques-Louis Potgieter, het op die dag vir Affies as losskakel uitgedraf.

In 1999 het Grey se heelagter Dandré Gerber en losskakel Callie Jacobs baie opwinding in die laaste oomblikke van die kragmeting verseker. Gerber het die wendrie gaan druk en almal het verwag Jacobs gaan aanlê pale toe om ’n gelykop uitslag te verseker. Hy het egter ’n tikskoppie geneem wat op die drie uitgeloop het.

Vorige wedstryde tussen die twee spanne is: 2007 – Grey 47 Affies 10; 2006 – Grey 13 Affies 18; 2005 – Grey 20 Affies 27; 2004 – Grey 32 Affies 29; 2003 – Grey 33 Affies 3; 2004 – Grey 32 Affies 29; 2003 – Grey 33 Affies 3; 2002 – Grey 46 Affies 21; 2001 – Grey 12 Affies 12; 2000 – Grey 17 Affies 17; 1999 – Grey 17 Affies 13; 1998 – Grey 23 Affies 23; 1997 – Grey 19 Affies 9; 1996 – Grey 3 Affies 25; 1995 – Grey 37 Affies 13; 1994 – Grey 13 Affies 6; 1993 – Grey 26 Affies 26; 1992 – Grey 24 Affies 3.

  • www.schoolofrugby.co.za

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer