Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Taxi-fiasko dreig in Bfn
May 15 2008 03:22:49:837PM  - (SA)  
Marietjie Gericke



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Meer “onwettige” as “wettige” taxi’s doen glo nou daagliks sake in Bloemfontein se strate en sommige van die taxi’s is niks anders nie as doodskiste op wiele met ’n lig op die dak.

Bewerings dat die roof- of pirate-taxi’s nog ’n “taxi-oorlog” in die stad gaan ontketen soos elders in die land word gemaak, want gemoedere loop hoog. Groot kommer bestaan, omdat owerhede soos die verkeersdepartement van Mangaung en die provinsie wat die taxi’s moet beheer glo anderpad kyk.

Taxi-eienaars sê aan Ons Stad: “Onwettige taxi’s” wat só wild en wakker kerjakker, het in die meeste gevalle ook nie versekering op die lewe van die passasiers wat hulle vervoer indien hulle in ’n ongeluk sou beland en dié mense beseer word nie.

Dít aan die vooraand van 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi waartydens talle oorsese besoekers vervoer sal moet word.

Dié met permitte word verplig om sulke versekering uit te neem.

Uit ’n intensiewe ondersoek wat Ons Stad oor Bloemfontein se taxibedryf gedoen het nadat ontevrede “wettige” taxi-eienaars by die DA gekla het en in ’n onderhoud met mev. Patricia Kopane, raadslid van die DA, blyk die volgende:

  • dat baie onwettige immigrante soos Nigeriërs en Ethiopiërs van die taxi’s besit en dat elke Jan Rap en sy maat wat deesdae ’n lig op sy dak kan vasmaak, nou taxi ry,
  • dat heelwat regeringsamptenare soos selfs polisiebeamptes en verpleegsters taxi in af tydjies ry,
  • dat die Vervoerraad wat onder die departement van openbare werke, paaie en vervoer val, glo baie van die taxi-lisensies aan amptenare van die departement gee en dat korrupsie en nepotisme in die bedryf na bewering gedy,
  • dat van die taxi-eienaars se taxi’s gelisensieerd is, maar dat taxi-eienaars in die meeste gevalle nie oor rybewyse beskik nie,
  • dat ’n taxi-eienaar met byvoorbeeld vyf permitte dié permitte na byvoorbeeld 10 motors rondskuif,
  • dat wettige taxi-eienaars 24 uur van die dag taxi mag ry en geregtig is om die taxi-terminus van die stad te gebruik, maar dat onwettige taxi-eienaars hulle verbied om later as 19:00 saans te werk en dat hulle taxi’s die taxi-terminus mag gebruik.

    Indien hulle hulle sou verset, word taxi’s vernietig, beskadig of aan die brand gesteek. Taxi-eienaars en -bestuurders word selfs aangerand,

  • dat wettige taxi-eienaars daagliks ’n roete kry waarop hy of sy in die stad mag werk, maar dat die onwettige taxi-eienaars die stad vol werk net waar hulle wil – maak nie saak wie se roete dit is nie.
  • Ons Stad het met mnr. Jerry Mokoena, verkeershoof van die Mangaung-munisipaliteit, gaan gesels.

    Hy het die koerant na die provinsie se kantoor in Oos-Burgerstraat verwys waar die permitte van die provinsie verkry word, maar ook gesê hy kan net praat indien hy die toestemming van mnr. Qondile Khedama, bestuurder: kommunikasie van die Mangaung-munisipaliteit, kan kry.

    Khedama is nou in Durban en sal hopelik Ons Stad se verdere skriftelike vrae kan beantwoord wanneer hy terug op kantoor is.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer