Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Riool maak toestand in fabriek onuithoudbaar
Terwyl ’n afvaardiging van die Mangaung-stadsraad onder leiding van die stad se uitvoerende burgemeester Ooste toe is om voornemende beleggers en nyweraars te gaan soek is ’n Bloemfonteinse nyweraar so kwaad vir die raad dat sy slange kan vang oor die borrelende riool wat dit drie maande bykans onmoontlik gemaak het om in hul fabriek te werk, wat nog te sê hul toebroodjies daar te eet. Mev. Susan Meyer, bestuurder van die Devil’s Fork Factory in Piet Humanstraat 19, sê hulle het die munisipaliteit drie maande lank aanhoudend gebel oor die riool wat van die straat af in hul fabriek teruggestoot het. “Soms het ons twee tot vier keer per dag gebel. Elke keer is ons na iemand anders verwys.” “Die riool het van onder in die straat teruggestoot. Een van die stad se gesondheidsinspekteurs, mnr. Johan Gelderblom, het ons verskeie kere besoek. Elke keer het hy gesê hy meld die saak by ’n mnr. Danie Coetzee aan. Dan hoor ons weer niks nie. “Die klante wat ons perseel besoek het, het geweldig gekla en wou later nie meer met ons sake doen nie. “Dit was naderhand so erg dat die werkers wou staak. “Hulle moes etenstye ver van die fabriek af gaan staan om te eet. Die hele aangeleentheid het vir ons ’n groot gesondheidsrisiko geword. Dit was werklik onuithoudbaar.” . Meyer sê nadat Ons Stad haar vandeesweek gebel het (’n week nadat die koerant daar was om die inligting vir die storie te kry), het die munisipaliteit die rioolprobleem vandeesweek reggestel. Ons Stad het die aangeleentheid verlede week onder die aandag van prof. Fief van der Merwe van die DA gebring wat met die munisipale amptenare daaroor sou praat. Ons Stad wonder of die munisipaliteit nie ook goed na bestaande nyweraars wil kyk nie, eerder as om net belang te stel in dié daar oorkant die water. Die meeste raadslede wat op die uitstappie was, is maar skepties of dit in elke geval enige vrugte gaan afwerp.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|