Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Raad moet glo lede se skuld afskryf
Die kredietkaartskuld van raadslede (R176 716,51) moet nou by die Motheo-distriksmunisipaliteit in Bloemfontein afgeskryf word omdat dit onmoontlik is om die geld in te vorder. Goedkeuring vir die afskryf van die skuld is glo reeds op ’n seksie 80-komiteevergadering gegee en nou moet die raad die groen lig hiervoor gee. Ons Stad verneem groot ontevredenheid bestaan in munisipale kringe uit al die partye se geledere, selfs uit die ANC, oor die kredietkaartskuld. Die kredietkaarte is volgens ’n dokument, wat in Ons Stad se besit is, tussen 2003 en 2004 uitgereik. Volgens die dokument het die raadslede, onder wie die destydse burgemeester, die kredietkaarte vir werkdoeleindes gebruik, maar versuim om die nodige dokumentasie by die werk in te dien. Die gevolg is dat raadslede vir hierdie uitgawes aan skuldinvorderaars oorhandig is. Die lys van diegene wat geld skuld, is soos volg: Volgens die dokument in Ons Stad se besit, is die raad se goedkeuring nou nodig om die balanse soos op 30 Junie 2007 af te skryf.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|