Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Onwettige eienaars pla
“Onwettige of pirate taxi-bestuurders is arrogant, gee taxi’s name en bring plakkers op die deure van die motors aan. Hulle kom staan op die wettige taxi-eienaars se parkeerplekke en dit raak so erg dat daar baie keer nie plek is vir die ‘wettige’ taxi-motors nie. “Die verkeersafdeling van die Mangaung-munisipaliteit is veronderstel om boetes uit te skryf, maar doen dit nie. As hulle nie wil luister nie, moet voertuie geskut word. Dit is chaos.” Só skryf ’n moedelose wettige taxi-eienaar aan Ons Stad in ’n brief waarin hy vra dat sy naam nie genoem moet word nie uit vrees vir viktimisasie. Die man skryf: “Elke wettige taxi moet ’n permit op sy voorruit geplak hê anders is dit nie ’n wettige taxi nie.” Die gevaar wat dit vir die publiek inhou is dat dié “onwettige taxi’s” nie aanspreeklikheidsversekering op hul voertuie het nie. “Die mense wat vervoer word, het dus nie dekking as hulle in ’n ongeluk beseer sou word nie. “Die passasiers sien al die voertuie wat ‘gemerk’ is en met taxi-ligte op die dak en klim daarin sonder om te weet dis nie wettige taxi’s nie. “Daar is nou meer pirate taxi’s as wettige taxi’s in Bloemfontein en ons kla al hoe lank. Die verkeersdepartement doen absoluut niks daaraan nie. “Dit raak nou so erg dat selfs van die wettige taxi-eienaars ook nou ekstra voertuie sonder permitte op die terminusse sit omdat hulle sien niks gebeur met die onwettige taxi’s nie. “Elke voertuig moet sy eie permit hê. Saans staan daar ’n klomp onwettige taxi’s by die Toeriste-sentrum in Park?weg en wag vir die busse om in te kom. Dit hou ’n gevaar in vir die toeriste wat na Bloemfontein kom. Die mense word te veel geld gevra en soms raak daar ook van die bagasie weg. “Hoe meer die onwettige taxi’s word, hoe moeiliker gaan dit word om van hulle ontslae te raak omdat hulle aan die inkomste gewoond raak. Dit sal later ook lei tot taxi-geweld soos wat ons reeds in die ander provinsies kan sien waar die taxibestuurders mekaar sommer doodskiet. “Omdat Bloemfontein redelik min inwoners het wat meter-taxi’s gebruik, het die pirates ’n baie nadelige invloed op ons inkomste. “Ons voertuie moet elke jaar vir padwaardigheid getoets word en ons moet ten duurste vir versekering betaal. “Ons verlies aan inkomste weens die onwettige taxi’s maak dit moeilik om nuwer voertuie aan te skaf. “Ek wil darem nie hê my voertuie moet in 2010 soos ’n klomp wrakke lyk nie.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|