Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Wildboer by plaashek op grondpad gewond
DOUGLAS. - 'n Middeljarige wildboer van die omgewing is gisteroggend deur 'n koeël in die regterkuit gewond kort nadat hy 'n plaashek op 'n grondpad toegesluit het. Mev. Helena de Smidt van Douglas, sê haar man, Jimmy (64), het gisteroggend na sy plaas Doreen sowat 15 km buite die dorp gery om na volstruiskuikens te kyk wat uitgebroei is. Aangesien die plaas in die verlede dikwels onder vee- en wilddiewe deurgeloop het, het hy die plaashekke gesluit. Toe De Smidt omstreeks 10:15 na sy bakkie stap nadat hy 'n toegangshek toegesluit het, het 'n swart Ford Cortina met getinte vensters voor hom stilgehou. 'n Man het "meneer" deur 'n oop ruit gesê. Toe kyk hy in die loop van 'n vuurwapen vas. De Smidt het besef hy gaan geskiet word. Hy het in die bakkie geduik. 'n Skoot het geklap. Die Ford het weggejaag. Mev. De Smidt sê haar man moes sowat 600 m met die bebloede kuit ry, voordat hy ontvangs met sy selfoon gekry het. Hy is na 'n hospitaal in Kimberley gebring waar heelwat kuitweefsel weggesny moes word. Die gat in sy kuit is omtrent so groot soos 'n vrou se vuis. Sy sê hulle is dronkgeslaan oor die skietery wat klaarblyklik sonder motief plaasgevind het.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|