Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
ROOSKNOPPIE 2008 - REËLS - LEES ASB VOOR U INSKRYF!!!!!
KLIEK HIER VIR INSKRYWINGSVORM KLIEK HIER VIR FOTOS VAN DIE MEJ. ROOSKNOPPIE INSKRYWING ROOSKNOPPIE 2008 - REËLS - LEES ASB VOOR U INSKRYF!!!!!1. Slegs meisietjies van 3 en 4 jaar kan inskryf. D.W.S: meisietjies wat tusssen 1 September en 17 Oktober ALREEDS 3 of 4 jaar oud, kan deelneem. Niemand wat reeds 5 jaar, OF jonger as 3 jaar is, mag deelneem nie. Geboortesertifikate mag deur die organiseerders vereis word. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 26 September. 2. Rosies wat in 2007 onder die toptien finaliste was, mag nie weer inskryf nie. 3. Mej. Roosknoppie is nie 'n model nie, maar bloot 'n oulike, fraai meisietjie wat 'n mens aan 'n roosknoppie laat dink. Sy moet natuurlik, ongekunsteld en sonder enige pretensies wees. 4. Die klein Rosies mag nie op die foto's, of met deelname gegrimeer wees of hul hare laat stileer nie. "Gedoende" hare, soos dié van blommemeisies op troues, is uit! 5. Die Rosies moet gewone dagklere aantrek. Oordadige blommemeisie- en partytjierokke is nie toelaatbaar nie. Die Rosies word op hul natuurlike voorkoms en optrede beoordeel. Dit is nie 'n modelkompetisie nie en dus sal deelnemers wat soos modelle loop, nie oorweeg word nie. 6. Al die Rosies wat ingeskryf het verskyn voor die beoordelaars in drie uitdunne:
7. Op dié drie dae word elke dag 10 semifinaliste gekies en dié 30 semifinaliste neem op Vrydag 10 Oktober aan die halfeindronde deel, waar tien finaliste uit dié groep aangewys word. Op Vrydag 17 Oktober neem die tien finaliste aan die eindronde deel, wanneer Mej. Roosknoppie en haar prinsesse gekroon word. Die kroning val saam met Mimosa Mall se Rosefees. 8. Dit kos R30 om in te skryf. SLEGS DUIDELIKE GESIGFOTO's van poskaartgrootte word aanvaar, en nie e-pos, rekenaaruitdrukke of fotostate nie. Onduidelike foto's of foto's wat nie aan die vereistes van die kompetisie voldoen nie, kan nie gebruik word nie. Plak die inskryfvorm agterop die foto vas. 9. Photo and Frame World in Mimosa Mall, eerste vloer, langs Fuller Décor, neem graag foto's vir die geleentheid. Bel hulle by 051- 444-3140 vir 'n afspraak. 10. Vir enige verdere navrae, bel Sobeth Jordaan by Volksblad in Bloemfontein by 051-404-7600 of 082 77 808 56, of Emsie Briel by 051-404-7875.
KLIEK HIER VIR INSKRYWINGSVORM KLIEK HIER VIR FOTOS VAN DIE MEJ. ROOSKNOPPIE INSKRYWING
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|