Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

GOEIEMÔRE: Die byt van aluin
Apr 29 2008 10:47:03:580PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Ons staan ’n week gelede by ’n geopende graf. Akademici met effense gekwelde, selfs beleërde uitdrukkings op hul gesigte. Nie een van ons is heeltemal vrywillig daar nie. Want al is die gees gewillig om deel te hê aan die eerbetoon aan ’n geliefde oudkollega, die vlees is swak.

Onwillekeurig wonder ons wie die volgende gaan wees. Boonop kan jou kop net inneem dit wat jou agterstewe kan verduur. En by sekere denominasies duur uitvaartdienste lank!

Ons is dus daar omdat ons jare saam gewerk het, swaargekry het om te oorlewe en omdat ons akademiese gewetens ons aankla. (As ek so kyk na die handjievol huidige personeel, lyk dit my asof gewetens en geheues ook nie meer is wat hulle was nie.)

Haas onafwendbaar word gepraat oor dit wat ons almal gemeen het: skete, vreugdes, vrese en vrae. Veral van eksistensiële aard, want ons almal spook maar met die bestaan. Vir optimiste het ek ’n onbegrensde bewondering en daar is ’n paar wat vertel watter wonderlike toekoms op ons wag. Die meerderheid, veral met die ligte velle, lyk ietwat bedruk en ek hoor van verskeie kante dat min blankes opgewasse is teen die uitdagings wat ’n bestaan in Afrika inhou. Daarvoor is ons velle té wit en té dun.

“Sinisme,” sê ’n senior kollega. “Dis ons behoud. Net nie bitter raak nie. Dan verkalk die are, jou suikervlakke en bloeddruk styg en die plooie raak al hoe meer. Maar so ’n tikkie bitter humor is soos aluin. Dit suiwer en help die oorlewing aan.”

Dalk is die sinisme verwant aan die absurde, dink ek later. Daardie kunsrigting wat veral oog het vir ongerymdhede, toeval, misverstande, onbegrip en die rol wat die noodlot speel in die menslike bestaan. Die begrip “die absurde” het stelselmatig al ingeburger geraak in alledaagse taalgebruik. Hiermee verwys ons na vreemde optrede of gebeure wat moeilik begryp kan word. Kausaliteit en logika ontbreek; die menslike rede skiet te kort in die poging om te verklaar.

Mense wat die lewe sien deur die bril van die absurde móét sinies wees. Hulle moet oog hê vir die feit dat dieselfde lot die goeie én slegte mense tref. Dat deug nie beloon word in die ondermaanse nie, dat vlyt nie rykdom bring of baie studie wysheid nie; dat selfs nie eers straf volg op vergrype nie. Eintlik staan die grootste gedeelte van die Bybelboek, Prediker, in die teken van totale onbegrip en sinisme.

Die sinikus staan nie verbaas as ministers wat voortdurend praat oor die noodsaak om staat-skole te verbeter, se eie kinders in ’n private skool is nie. Of wanneer politici wat voortdurend volhou dat staatshospitale puik is, nooit ooit self hul operasies dáár sal laat plaasvind nie. Mense wat die bestaan sien as absurd is selde verbaas as ’n persoon wat volhou dat hy onskuldig is, tot die uiterste gaan om te sorg dat bewysmateriaal in sy hofsaak nie ingedien word nie.

Die sinikus glimlag slegs geamuseerd as hy wéér moet hoor dat ons Afrika moet “omhels”, dat ons “van Afrika is” óf dat ons vinniger moet transformeer by hierdie of daardie instelling en ons kulturele meerwaardigheid moet laat vaar. Nie omdat hierdie pleidooie en standpunte self absurd is nie, maar omdat die persone wat gewoonlik hierdie pleidooie lewer knus woon in spogbuurte, waar van Afrika niks sigbaar is nie – behalwe miskien duur Afrika-kunswerke.

Voor die huise staan Duitse en Japanse motors, op rakke staan vertaalde Russiese werke en uit Sweedse luidsprekers dreun Italiaanse operamusiek of bulder ’n Spaanse tenoor. Dit gaan uitstekend saam met Noorse salm en Franse wyn! Selfs hul vakansiebestemmings is selde Afrika, en indien wel, dan die luukse lodges vlak by wildparke. Diesulkes leer graag (selektief) by Afrika, maar selde of ooit sal jy sien dat hulle in die openbaar hul uitlaat oor Afrika-skandes, soos in die geval van Zimbabwe.

Die ware sinikus sal nie verbaas opkyk as Robert Mugabe straks aangewys word as wêreldwye voorsitter van die Demokratiese Beweging nie. Ook nie eers opkyk as Allan Boesak moderator word van die Vrystaatse sinode en Steve Hofmeyr sekretaris word van die SSSA (die Stigting vir Selibates van Suider-Afrika) nie. En as hy (of sy) self eendag trane in die oë kry oor ’n mooi sonsopkoms, sal daar net later meewarig geglimlag kan word oor hierdie absurditeit.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer