Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

GOEIEMÔRE: ’n Disko sonder musiek
Apr 30 2008 09:53:43:417PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

WASHINGTON. – Honderde jong mense drom saam op Union Square in New York en dans, wuif met hul arms in die lug en gaan mal. Maar daar is geen geluid nie.

Dis ’n disko sonder musiek.

Word hier te veel Kool-Aid gedrink? Is dit ’n nuwe soort kerk?

Ek stap nader, druk verby twee tieners geklee in hot dog-kostuums wat gatswaai.

Toe eers kom ek agter die kap van die beat.

Die oues van Bloemfontein wat snags nie kan slaap nie weens die doef-doef-musiek wat uit die klubs in die middestad pols, kan weet uitkoms is naby – eersdaags sal die stil disko’s julle verlos van die ritmes van die nag.

Dan sal jy na die geweerskote in die strate kan lê en luister. En natuurlik Bloemies se hondekoor wat deurnag serenade.

Op pad na die moltreinstasie koes ek verby ’n knaap in ’n blink maanpak, kompleet met ’n Star Trek-helm op die kop en ’n vuurpylpak op die rug wat langs sy cherry aanstryk na die disko. Hulle sluit aan by ’n mede-jolige met ’n reuse mohawk en wat groot, veelkleurige gereedskapstukke van plastiek aan sy lyfband dra.

Wat is fout met jeans, stewels en ’n T-hemp as jy Vrydae uitgaan? Ek dink ek word heeltemal te oud vir die iPote.

Ek spring by Grand Central-stasie uit, maar hier is dit harde musiek wat my aandag trek.

In die flou lig staan ’n sirkel mense om ’n groep breakdancers wat dans vir muntstukke.

Hoendervel slaan op my arms uit.

Waarna ek kyk, is fisieke poësie – die toppunt waartoe die menslike liggaam in staat is. Gimnastiek by die Olimpiese Spele in Beijing sal flou lyk teen dié ouens se toertjies.

Een ou doen agt agteroor-bollemakiesies in ’n ruimte van vier meter. Die leier laat my mond oophang. Spiere bult soos luislange oor sy bors as hy eenhand-stane doen. Hy sal Mike Tyson met een hand kan opkerf.

Ek skiet per trein Philadelphia toe vir die Hillary-Obama-show wat in Pennsilvanië afgespeel het.

Wonderlike stad. Ek eet ’n eerste “Philly cheesesteak” (die stad se weergawe van ’n hot dog) en met ’n besoek aan die Onafhanklikheidspark – waar die revolusie begin is wat tot Amerika uitgeloop het en Barack Obama sy beroemde rastoespraak gelewer het – loop ek George Washington raak meer as 220 jaar nadat hy die eerste president geword het.

“Is dit ’n opmetingstoestel in jou hand,” vra die heer met die kniebroek, driekanthoed en wit poniestert as hy na die kamera wys.

Ou George is beslis makliker bereikbaar as oudpres. Bill Clinton. Om by een van sy vergaderings in te kom, is ’n gedoente. Die CIA-meneer tree ons buitelandse joernaliste aan in enkelgelid met wilde bevele wat hy uitskreeu. En daar marsjeer 40 of meer joernaliste van net soveel lande een-een agtermekaar om die saal agter die CIA-knaap aan om deur ’n metaalverklikker te kan gaan. Liekja-liekja-liekja-links! ’n Joernalis van Kameroen agter my het nogal ’n Amerikaanse kamoefleeruniform aan wat hy iewers aangeskaf het.

Eindelik praat eers Chelsea, toe jaag onse Bill die emosies hemelhoog op en gaan staan en kyk hoe Hillary die skare uit haar hand laat eet. Chelsea is nie bang nie. Sy sê voor haar pa sy dink haar ma gaan ’n beter president wees, want sy is beter voorbereid. Hy het so bietjie rooi geraak, maar toe dit sy beurt is, kan hy nie anders as om saam te stem nie. “Ain’t she something,” spog hy. En ek kan jou sê, sy is iets. Daai meisie is slim. Sy kan vir jou ’n spiets afsteek vir langer as ’n uur met soveel syfers en verwysings en kruisverwysings dat jou kop draai.

Maar nee, haar kop staan nie politiek toe nie, dankie. Sy het ’n woonstel in New York en ’n kêrel en ’n hond en dis vir eers hopeloos genoeg, vertel sy die vorige dag waar sy alleen haar ma uithelp.

Terwyl Chelsea haar spiets in ’n gimnasium klaarmaak, beweeg ’n groep vroue agter in die saal in en trek hul sweetpakke uit.

Dis jou wrintiewaar die plaaslike vrouerugbyspan wat hul spanfoto neem. Hulle het nie ’n saak met Chelsea nie. Hulle staan trots in hul blou truie en span hul spiere.

Dis die eerste keer dat Chelsea ’n bietjie verward gelyk het.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer